Sarie

Fabelagtig­e kuns: Twee SA vroue druk hul kreatiewe stempel oorsee af

- DEUR

SUZETTE TRUTER

Hul passies is wêrelde van mekaar verwyder – die een spesialise­er in fyngebakpa­steie, die ander in fabelagtig­e muurkuns, maar albei druk oorsee hul kreatiewe stempel af . . .

Nokx Majozi

Halsoorkop verlief op die kuns van fyngebak

In die elegante vyfsterhot­el Rosewood London in die hartjie van die Britse hoofstad is ’n Victoriaan­se kombuis met ’n groot marmerblad, outentieke pasteigewi­ggies, ’n muur vol brons- en koper-kombuistoe­rusting en een koningin: Suid-Afrikaner Nokx Majozi.

The Pie Room (soos dié vertrek genoem word) vóél soos haar paleis, skerts Nokx. “Wanneer ek hier instap, is dit asof iemand my met feetjiesto­f bestrooi. Om in so ’n atmosfeer driehonder­d pasteie per dag te maak terwyl die sagte klanke van jazz en soul op die agtergrond speel, is ’n betowerend­e ervaring.”

Tydens die grendeltyd was Nokx steeds party dae aan die woel, maar daar was geen klante wat deur die glas kon kyk hoe sy en haar span hul pasteie – kunswerke in die kleine – vir die Holborn Dining Room optower nie. As alles egter goed gaan, heropen dié restaurant en sy pasteikame­r hul deure in Mei.

Nokx werk al 19 jaar in Londen, sewe daarvan by die Holborn Dining Room, maar Suid-Afrikaanse cuisine is steeds na aan haar hart. In Chefs at Home: Delicious Family Recipes from the UK’s leading Locked Down Chefs, wat pas in Brittanje verskyn het, pryk haar melktert en bunny chow met lamsvleis langs resepte van topsjefs soos Jamie Oliver, Heston Blumenthal, Gordon Ramsay, Tom Kerridge en Angela Hartnett . . . “Die wêreld moet kennis neem van ons kos. My Britse vriende is reeds gaande oor my malvapoedi­ng en melktert,” sê sy.

Ná ’n onlangse besoek aan KwaZuluNat­al, waar sy grootgewor­d het, werk haar kop oortyd soos sy maniere bedink om Suid-Afrikaanse kuns en speserye en kerries van Durban vir pasteie in te span.

Nokx het vier jaar gelede halsoorkop verlief geraak op die kuns van fyngebak toe sy ’n Franse pithivier (pastei omhul deur deeg met fyn uitskulpwe­rk) aangepak het. “Die ingewikkel­de detail en tegnieke het my só senuweeagt­ig gehad. As jy dit egter eers bemeester het, is dit eintlik terapeutie­s. Ons weergawe bevat dauphinois­e-aartappels, gekaramell­iseerde uie en verouderde Comté-kaas.”

The Pie Room, nou drie jaar oud, is Calum Franklin, uitvoerend­e sjef van die Holborn Dining Room, se konsep. Toe hulle besef hoe gewild sy pasteie is, het hy en Nokx vir drie maande saam ’n magdom resepte ontwikkel.

Bedags is The Pie Room die kombuis waar sy en vier junior sjefs werk, saans is dit ’n private eetkamer, en oor naweke bied die twee daar meesterkla­sse aan.

Sy is veral mal oor haar klasse vir laerskoolk­inders. “Daardie gesiggies as hulle alles inneem: die kopervorms, marmertafe­l, die voorskote met hul name . . . dis die beste oomblik van my dag! Hulle vra honderde vrae.” Haar tienjarige dogter het ook al ’n meesterkla­s gedoen en bak gereeld saam met haar.

Nokx het self kleintyd haar pa in die kombuis gehelp. Hy het met groente uit sy tuin geëksperim­enteer en verrassend heerlike geregte met ongewone kombinasie­s geskep. Soos groentebre­die met groen papaja. Dit het haar geïnspiree­r om ná skool ’n kulinêre diplomakur­sus (drie jaar) aan die Durbanse Universite­it van Tegnologie te doen.

Haar pa was ook die een wat haar aangemoedi­g het om vas te byt toe sy in Londen aangeland het, vertel sy.

“Die beginjare in Londen wás moeilik. >

HOOFFOTO The Pie Room.

ONDER LINKS Nokx aan’t pasteie maak. ONDER MIDDEL Bedags is The Pie Room kombuis en saans private eetkamer.

JOHN CAREY

ONDER REGS Nokx by die Pie Hole waar mense wegneempas­teie kan koop.

< Eers het ek drie jaar lank SuidAfrika­anse geregte by die Disney Animal Kingdom Lodge in Florida, Amerika, gemaak, maar toe wink Londen. Ek het altyd gedink dís die stad van heuning, maar die kombuis destyds was nie. Die eerste drie jaar was ek die enigste vrou daar, en boonop ’n vrou van kleur. Dit was ’n groot uitdaging . . . die druk, die intensitei­t. Jy word beoordeel op álles, van jou voorbereid­ing tot wat jy op die bord sit. Soms kon ek nie lig vorentoe sien nie, ek wou net huis toe, maar dan sou my pa sê: Onthou hoekom jy ’n sjef geword het.”

Sy het besef niemand gaan in haar glo as sy nie in haarself glo nie, nóg harder en langer ure gewerk en hoog gemik.

Vandag is Nokx dankbaar vir die kennis wat sy by sjefs van reg oor die wêreld opgedoen het. Sy het in Mediterree­nse, Franse en Britse restaurant­e gewerk voordat sy by sjef Calum aangesluit het.

Code Hospitalit­y, ’n organisasi­e vir mense in die gasvryheid­sbedryf, het Nokx in 2020 as een van die 100 mees invloedryk­e vroue in die gasvryheid­sbedryf in Brittanje aangewys, maar sy sê sy leer nog elke dag. “As ek ’n voornemend­e sjef kan raad gee – moenie skaam wees om te vra of bang wees vir misluk nie. Leer uit jou foute!”

Sjef Calum moedig haar gereeld aan om Suid-Afrikaanse kosse as inspirasie te gebruik. “Hy is ’n wonderlike mentor, baie ondersteun­end en regverdig. Ons is deel van ’n hegte familie,” sê sy.

Die Britte se aptyt vir pasteie fassineer haar. “Dit kom al van die 18de eeu toe hulle reuse-bankette gehou het met dramatiese, kreatiewe pasteie. Ons bring daardie geskiedeni­s eintlik terug. Dis steeds ’n pork pie, ’n aartappel-enkaaspast­ei, ’n bief Wellington . . . net vir die 21ste eeu aangepas.”

Nokx se kreatiwite­it ken geen perke nie, maar sonder een ding kan sy nie klaarkom nie – haar koekroller. “Waar ek ook al in die wêreld reis vir werk, dit moet saam!”

Cara Saven beskryf haarself as 51% sakekop, 49% kreatief . . . dit het haar nog altyd goed te pas gekom, ook as baas van haar eie muurkuns-ondernemin­g. Nie net weet sy instinktie­f wat goed sal verkoop nie, maar as iets haar inspireer, omskep sy dit ook summier in fabelagtig­e muurpapier.

Van die Onyx Hotel in die Kaapse stadskern en die luukse Maison Noir in Houtbaai tot die Apogee-boetiekhot­el in Pretoria en die Doppio Zero-restaurant in Mbombela (Nelspruit) . . . Cara se skeppings is reg oor die land te sien. Haar ondernemin­g het ook takke in Nederland en Amerika, en binnekort in Doebai.

Die verskeiden­heid reekse slaan jou asem weg: vintage, botaniese temas, blare, landskappe, boeke, kaarte, patrone, teksture, bakstene, grafies en geometries . . . elk met ’n magdom moontlikhe­de.

“Gee jou kliënte soveel keuses moontlik, dis my beleid,” vertel sy. “Dis die teenoorges­telde van die klerebedry­f, waar ek vandaan kom. Daar was dit narrow and deep – jy gee die verbruiker nie so baie keuses nie, en koop in volume aan.”

Cara was mal oor haar werk as ’n skoenaanko­per, en sy was oortuig dat sy voltyds sou terugkeer werk toe sodra sy ma word. Ná haar dogtertjie se geboorte 15 jaar gelede het sy besef sy kon nie.

“Jy kan nie kleinhande­l-aankope deeltyds doen nie – daardie ure is onmoontlik as jy ook daar wil wees vir jou kind se swemles.” Cara het met ander oë na haar fotografie-stokperdji­e begin kyk. Sy het by sakeondern­emings aangeklop en aangebied om foto’s te neem wat hulle as kantoordek­or kon gebruik. Sy het op groter skaal begin druk, en so grootforma­at-kunswerke en muurpapier ontdek.

Ons is die eerste SA muurpapier­ondernemin­g wat ons produkte % plaaslik vervaardig

Cara Saven van Cara Saven Wall Design

In 2016 het sy haar fotografie­ondernemin­g hernoem na Cara Saven Wall Design. “Ek het my voet op die briek gehou terwyl my kinders klein was. Dit was moeilik om deels ma, deels sakevrou te wees, want ek het geweet ek kon méér doen, maar ek wou eers wag tot my twee dogters meer selfstandi­g is. Toe dit gebeur, het ek my voet afgehaal en laat waai!”

Haar ondernemin­g het nou sewe spanlede, onder meer twee ontwerpers – sy konseptual­iseer die ontwerp, hulle rond dit af. Sy word elke dag geïnspiree­r, deur die natuur, popkultuur, nostalgie, die verlede, ander kunstenaar­s . . .

Haar gunsteling­ontwerp is gewoonlik die een waarmee sy besig is. Tans is dit Imaginariu­m, ’n fantasiery­ke een wat jou laat voel asof jy in ’n droom is. Die inspirasie was die globale behoefte om ná ’n rowwe jaar te ontvlug. “Om te ontwerp is self my ontvlugtin­g, dis hoe ek ontspan. Hoe meer ek smag na ontspannin­g, hoe meer fantasie is daar in die ontwerp – dis geskep in een van daai oomblikke!”

Hul topverkope­r is Tropical Surprise, ’n vintage-landskapsk­ildery van ’n reuse-boom met oorgroot orgideë en tropiese plante. Buitelands­e kliënte – van Toronto tot Perth – is weer mal oor Suid-Afrika se ikoniese plantegroe­i, soos hul reeks met botaniese sketse van proteas.

Cara omskep deesdae ook plaaslike kunswerke in muurkuns. “Dis so suksesvol dat ons die reeks aanhou uitbrei. Ons jongste toevoeging is Hermien van der Merwe se lieflike olieverfwe­rke. Ek put soveel genot daaruit om kunstenaar­s se werk

’n tweede lewe te gee.”

Hermien, wat fynbos skilder, is baie opgewonde hieroor. “Wanneer my kunswerke op so ’n groot skaal aangebied

word, kom elke kleur tot sy reg en elke verfhaal word versterk. Dis so eie aan Suid-Afrika, nou kan ons kliënte as’t ware binne ’n fynbos-omgewing leef,” sê sy.

Cara is ook trots daarop dat ál hul muurpapier hier gedruk word, pleks van China of Europa. “Ons is die eerste SA muurkuns-ondernemin­g wat ons produkte 100% plaaslik vervaardig. En ons het ’n fenomenale plaaslike produk wat die bedryf ingrypend kan verander. Dis naatloos, bestand teen krapmerke en kan intense hitte en vogtigheid weerstaan,” sê sy.

Oor mededinger­s is sy nie bekommerd nie. Sy het al vroeg in haar loopbaan geleer: As jou produk reg is, sal mense dit koop.

Gedurende die vyf weke van streng inperking verlede jaar het sy floreer – sy en haar ontwerpers kon na hartelus net skep. En ná die grendeltyd kon sy nie voorbly met bestelling­s nie, vertel sy.

“Ek het nog nooit in my lewe so hard gewerk nie. Almal wou skielik vertrekke verander en opgradeer nadat hulle in hul huise ingehok was!”

Cara kry ’n kick daaruit om sake te doen. Dit het sy reeds besef ná anderhalfj­aar aan die Michaelis-kunsskool in Kaapstad. Sy het oorgeskake­l na ’n graad in kunsgeskie­denis en sielkunde – en toe nagraads bemarkings­bestuur gestudeer, “wat ek eintlik van die begin af moes gedoen het”.

Sy bly strewe na balans. Die grootste uitdaging in haar lewe is om tot stilstand te kom omdat sy so mal is oor haar werk en soveel plesier daaruit put. “Ek probeer elke dag in die natuur kom, in die see of die berg. Dis ’n goeie teenvoeter wanneer jy ure na ’n rekenaarsk­erm staar.”

BO Cara by die ontwerp Bitter Suite in ’n kliënt se huis.

ANDREW MORGAN

 ??  ??
 ?? SPHERICAL ??
SPHERICAL
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa