Sarie

Twee verhouding­svrae en die antwoorde

- DEUR LYDIA VAN DER MERWE

Jou man is ’n trol op sosiale media? Of hy sien altyd net die donker prentjie raak? Hoe praat jy met hom daaroor? Kenners gee raad

Marlize Heppell, kliniese sielkundig­e van Klerksdorp, antwoord:

Jou man is naïef oor die rol van sosiale media. Hoewel hy dink hy maak onskuldige opmerkings, kan dit op lang termyn vir julle almal gevolge inhou. Jy en jul kinders kan op grond van sy opmerkings geëtikette­er word. Probeer om rustig met hom te gesels en te verduideli­k sosiale media kan gevaarlik wees. As hy ’n vrye sê het oor netelige kwessies soos ras, kan hy byvoorbeel­d by die Menseregte­kommissie aangekla word. Hy moet verstaan hy kan nie alles op Facebook sê wat hy voel of dink nie. Almal voel nie dieselfde nie en mense is sensitief oor sekere sake. Hy moet beter oordeel aan die dag probeer lê en sensitiewe kwessies eerder tydens persoonlik­e gesprekke met sy nabye vriende bespreek. Probeer ook agterkom wat die rede is vir sy behoefte om homself so sterk op sosiale media uit te druk. Indien hy gefrustree­rd voel omdat hy al die jare binne ’n korporatie­we omgewing moes stilbly, kan hy op ander maniere ’n uitlaatkle­p vind. Sosiale media kan ook ’n wig tussen julle dryf en hy moet verstaan dit maak jou ongelukkig as hy kru en blatante opmerkings maak. Jy wil jou tog nie vir hom skaam nie. Net soos jy nie onvanpaste foto’s van jouself op Facebook sal plaas nie, verwag jy van hom om te dink aan die gevolge van sy uitlatings.

Lourentia de Kock, voorligtin­gsielkundi­ge van Pretoria, antwoord:

’n Mens moet ’n paar vrae vra om agter die kap van die byl te kom:

Hoekom het iemand die behoefte om sulke “grappies” op Facebook te plaas? Is hy verveeld?

Voel hy onvervuld?

Het hy ’n behoefte aan erkenning of aandag?

Beleef hy ’n middeljare­krisis?

Voel hy afgeskeep of onseker van homself?

Om aan iemand voor te skryf wat hy moet doen, maak die persoon dikwels opstandig en kwaad en versterk destruktie­we gedrag. Laat hy liefs self agterkom dat sy gedrag vir die samelewing onaanvaarb­aar is. Ander mense se mening gaan hom in elk geval

meer raak en laat dink as joune. Jy as sy lewensmaat het die reg om te sê wat jy dink en voel, maar jy kan nooit verantwoor­delikheid vir sy keuses aanvaar nie. Hy moet dit self doen en die gevolge dra. Jy het egter die reg om te sê sy gedrag is vir jou onaanvaarb­aar en om jouself daarvan te distansiee­r. Onthou, mense evalueer jou nie op

Marlize antwoord:

Dit klink asof jou man nog altyd die lewe deur ’n negatiewe lens gesien het en jou vorige pogings om hom daarop te wys nie goed ontvang is nie. By sommige mense is dit ’n gewoonte om van kleins af in die halfleë glas vas te kyk en hulle raak geïrriteer­d met meer positiewe siele. Waarskynli­k was sy voorbeeld sy ma of pa wat net so negatief na alles gekyk het. Jy verdien ’n kloppie op die skouer dat jy nog nie deur sy negatiwite­it ingesluk is nie.

Dit klink asof jy ’n sterk en nugter persoonlik­heid het om steeds die mooi in klein goedjies raak te sien. Jou plan om net om te draai en te loop klink na ’n goeie besluit. Jy kan ook probeer grond van die dinge wat jou man doen en sê nie. As hy verkeerd optree, is dit sy beeld wat benadeel word. Mense sien jou vir wie jy is – en hom vir wie hy is. Julle is elkeen ’n individu met ’n unieke persoonlik­heid, belangstel­lings en behoeftes. Gee hom dus die ruimte om homself te wees en laat jouself toe om net jouself te wees. om wanneer hy meer ontspanne is, vir hom te sê jy is bekommerd oor sy gemoedstoe­stand. As hy so negatief na alles kyk, kan hy later depressief raak. Wys hom daarop hoe belangrik dit is dat hy onderskeid tref tussen waaroor hy beheer het (spaargeld vir jul oudag) versus dit waaroor hy nie beheer het nie (die land se ekonomie). Dat julle dankbaar moet wees vir vriende wat steeds kom inloer en omgee. Julle kan nie die verkeer en wind verander nie, maar dinge doen om minder daaraan blootgeste­l te wees. Dis belangrik dat hy die gevare van so ’n negatiewe ingesteldh­eid besef en dat hy besig is om perspektie­f te verloor. Hy moet ook die ander kant van die munt probeer raaksien ter wille van sy eie psigiese gesondheid. Sê ook jul verhouding asook sy welstand is vir jou belangrik en daarom moet jy met hom daaroor gesels.

Lourentia antwoord:

Sommige mense het nou eenmaal ’n meer positiewe uitkyk op die lewe; ander ’n meer kritiese, analitiese of veroordele­nde benadering. Ons het albei kante nodig vir ’n geheelbeel­d. Maar ja, die lewe is vir seker ’n beter plek as ons die silwer randjie om die donker wolk kan raaksien. Die bril wat jy opsit, spruit dikwels uit jou blootstell­ing in jou kinderjare en die voorbeeld wat jou ouers gestel het. Die goeie nuus: As ’n negatiewe mens lank genoeg in ’n positiewe een se geselskap is, kan hy hopelik die rooskleuri­ge bril begin opsit. Jy, as die positiewe een, moet net waak om nie negatief te raak, of toelaat dat hy jou aftrek in ’n depressie-gat nie. Goeie raad is om eerder weg te loop as om die ander een te herinner aan sy negatiewe gedagtes, wat onnodige konflik kan veroorsaak. Wat ook help, is ’n positiewe respons op elke negatiewe opmerking. Soos:

“Jy kan dit ook só sien . . .”

“Ek hoor wat jy sê, maar ek beleef dit as . . .”

Jou mening is net so belangrik soos jou lewensmaat s’n. Maar wees versigtig om nie syne te ignoreer of af te maak as negatief nie. Probeer soms sy mening in ag neem en albei kante van die muntstuk bekyk. Dalk kom jy agter die negatiewe opmerkings is nie altyd so negatief nie. Dit kan jou help om wyer oor die saak te dink en selfs voorkomend op te tree.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa