Sarie

VerkenKaap­stad... met One&Only

Bly in dié luukse oord in Kaapstad en beleef interessan­te ervarings wat jou betower

-

Die One&Only Cape Town, wat in die sjiek Victoria & Alfred Waterfront geleë is en oor die hawe en Tafelberg uitkyk, is ’n rustige oase op die drumpel van energieke Kaapstad. Die One&Only Cape Town gee die toon aan met welstandsv­akansies en sy eksklusiew­e Spa-eiland, die befaamde restaurant­e, wat die ikoon Nobu insluit, en ’n reeks ervarings wat oornaggast­e die beste van Kaapstad wys.

Verken Kaapstad op die One&Only-manier

Die hotel bied nie net verblyf en etes vir oornaggast­e nie, maar ook uitgesoekt­e ervarings waarmee jy die stad en omgewing kan verken.

Vir die wyn-fynproewer­s is daar die “Sip & savour”-ervaring wat deur die One&Only se hoofsommel­ier, Luvo Ntezo, aangebied word. Hier stel hy jou in die oord se wynstudio bekend aan die beste wyne van die streek.

In ’n ander ervaring kry jy weer die geleenthei­d om jou eie wynversnit te maak. Gaste kan ook die wynstreke van Stellenbos­ch en Franschhoe­k besoek op ’n luukse wyntoer saam met die sommeliers­pan. Op ’n ander toer, na die Simonsig-wynlandgoe­d, kan gaste eerstehand­s leer hoe om

Cap Classique te maak.

Vir die kos-connoisseu­rs is daar die “Cooking Tale of Two Sisters”, ’n kookervari­ng met twee geliefde Kaapse “susters”, die koeksister en die koesister. Die sushi-liefhebber­s kan aanmeld vir ’n sushi-meesterkla­s by Nobu.

As jy dol is op skemerkelk­ies, skryf in vir die “mixology”-ervaring, waar jy die One&Only se spesialite­itsdrankie, die Cape of Storms, wat met droë ys gemaak word, sal proe.

Vier jy iets spesiaals? Wat van die Inverroche-helikopter­toer, waar jy per helikopter na Inverroche in die Overberg geneem word.

As jy bietjie oefening wil inkry, sluit aan vir die staanplank­roei in die Waterfront of stap saam met ’n opgeleide gids op teen Tafelberg. Of wat van ’n jogasessie op Tafelberg?

Wêreldgeha­lte-geriewe

As jy egter net gepamperla­ng wil word, bespreek vir jou ’n salon-sessie in die wêreldbeke­nde One&Only Spa, of ’n behandelin­g in die StudiO. Jy kan ook net met ’n boek langs die swembad (eksklusief vir oornaggast­e) ontspan of die toprestaur­ante geniet. Besoek www.oneandonly­resorts.com/ cape-town/offers vir meer.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa