Sarie

WIE HET JOU DIE REG GEGEE?

-

Wie het jou die reg gegee, oom Ben*? Om aan my vierjarige klein muis te vat? Dit te streel tot dit vir my lekker raak? My kinderlike onskuld en naïwiteit te steel en te misbruik? Jou growwe hande en sieklike drange op my af te dwing. Jy het my kinderlike nuuskierig­heid geprikkel: “Weet jy van daai ding in jou broek? Kom ek wys jou, kom sit hier voor my.”

Dié buuroom, en sy vrou, tannie Lina*, was altyd my kuierplek. Tee met kondensmel­k en koekies was ons kuierkos. En daar sit ek voor hom op die tuinmuur, en hy vryf my tot dit vir my lekker is.

Daardie aand het ek by ’n maatjie gaan oorslaap. Ek’t vir haar gesê ek is seer dáár.

Dit brand in die bad. Vaseline het dit beter gemaak. Min het ek geweet wat in my wakker gemaak is, jare te vroeg.

Ek’t weer in die hoë bloekombom­e gaan klim in oom Ben-hulle se tuin, saam met ’n ander

Skryf aan SARIE, My sê tel, Posbus 1802, Kaapstad 8000, of stuur e-pos na: sarie@sarie.com. Nie meer as 300 woorde nie, maar ons behou die reg voor om briewe te verkort. Menings uitgespree­k in lesersbrie­we is nie noodwendig dié van SARIE nie. Ons plaas nie gedigte, briewe oor reünies of vermiste mense nie. REËLS: Briewe (ook e-posbriewe) moet ’n volledige posadres, kontaknomm­er en volledige doopnaam bevat. Dit moet ook oorspronkl­ik wees en mag nie aan ander tydskrifte voorgelê word nie. En jy moet onderaan jou brief aandui: NET AAN SARIE GERIG. maatjie op die swaaie geswaai.

En die gevoel van daai lekker gemis. “Oom, die ding is nog steeds in my broek.” O Here, hoe leef sulke mense saam met hul dade? “Moet ek weer daaraan vat?” Ek het geknik.

As ek maar ingelig was, geweet het dis verkeerd. Maar dit was die 70’s. Hoeveel keer dit gebeur het, kan ek nie onthou nie. Ons het getrek toe ek twaalf was, en toe ons die bure groet, het ek skielik onthou en was met weersin gevul . . . nog steeds nie seker hoekom nie.

Toe my vriendinne in ’n gesprek noem dat hulle uitsien na hul sekslewe eendag, het ek gesê ek stel nie belang nie. “Jy sal anders voel as jy weer verjaar.” Ek was altyd die jongste in die klas.

Ek het een langerige verhouding op hoërskool gehad. ’n French kiss is hoe ver dit gekom het. Nadat ek uitgemaak het, het ek my tot kos en my studies gewend. Tien kilogram later en met geen date vir die matriekafs­keid nie. Ek het maar saam met

’n st. 9-volunteer gegaan.

Baie jare het verbygegaa­n, en ek wonder nou hoeveel invloed daardie ou man op my lewe gehad het.

Anoniem, Kaap

* Skuilname is gebruik. Lees ook die storie “In ’n pedofiel se web” op bl. 120.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa