Sarie

EK MIS DIE DAE

-

Elke dogtertjie het soort van geweet van menopouse. Die tannies wat altyd by die venster gestaan en hulself met ’n tydskrif of enigiets wat ’n lugstroom kon opwek, koel gewaai het, was moeilik om te ignoreer. Maar niemand het jou oor jou middeljari­ge lyf gewaarsku nie. Soos ’n Lindtsjoko­ladeballet­jie wat te lank in die son gestaan het . . . sag orals.

Ek is ’n dokter, ek het nog altyd geglo alles in die liggaam het ’n doel. Maar hoekom moet ons selluliet om ons arms kry en hoekom moet die arms los velle kry? Sou die rede vir boude wat begin hang, dalk wees dat ons minder moet sit? Dan los ek die belangriks­te vir laaste – die rol om jou maag wat maak dat jy permanent jou maag so probeer intrek dat jy plooie om jou mond begin kry.

Eendag gaan ek vir Gabriël vra wat die funksie is van ’n vetrol reg onder jou kieliebak. Die enigste rede, dink ek, is dat die natuur vir jou ’n boodskap stuur dat jy nou op die rak moet gaan sit – en om seker te maak daar is geen meer flikkergoo­i-potensiaal nie maak hy alles sag en begin jou lyf na gravitasie luister. Jy moet plek maak vir ’n fermer generasie. ’n Gesig kan ’n mens nog spuit en poeier, maar ek is bevrees ek moet nou soos my sewentigja­rige vriendin aanbeveel meer “spiritueel” raak en maar aanvaar. Maar ek mis die dae toe ek nog kon buk sonder om my maag in te trek en sonder om my belt op en af te skuif, toe ek nog ’n goeie verhouding met koolhidrat­e kon hê.

Estie Meyer, Claremont

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa