Sarie

Die klassieke Toyota Corolla kry ’n nuwe baadjie

Een van die topverkope­r-voertuie van alle tye het pas beter geword. Ontmoet die nuwe, verbeterde Toyota Corolla

-

Sedert sy bekendstel­ling in 1966 het die Corolla een van die bekendste motorhande­lsmerke in Suid-Afrika, indien nie in die wêreld nie, geword. Nou, vir sy 12de generasie, kombineer Toyota opwindende nuwe ontwerp-elemente met die beproefde kenmerke van die Corolla-handelsmer­k.

ONTWERP WAT DIE KOPPE LAAT DRAAI

Die nuwe Corolla-sedan het ’n ontwerp wat jy nie kan miskyk nie. Die voorkant lyk baie soos dié van die luikrug met die kenmerkend gevormde ligte en drie-blok-ontwerp. Die bestuurder het nou beter sig danksy die dunner A-pilare en ’n laer paneelbord en enjinkap. Dis in agt kleure beskikbaar.

AAN DIE BINNEKANT

Sy afwerking is eenvoudig, maar elegant, met ’n titsel metaal om die oog te tref. Die kontraster­ende blou steke op die bekleedsel sorg vir ’n sportiewe gevoel en komplement­eer die blou beligting op die instrument­paneel. Die voorste sitplek het ook ’n nuwe voorkoms gekry met ’n riffelpatr­oon.

HOE BESTUUR DIT?

Danksy veranderin­ge in die ontwerp het die Corolla ’n bietjie gewig afgeskud, wat dit ratser op die pad maak (en meer brandstofd­oeltreffen­d). Die veranderin­gs in die veringstel­sel sorg vir meer stabilitei­t, ook as jy oor ongelyk oppervlakk­e bestuur.

ONDER DIE ENJINKAP

Die Corolla-sedan is nou in twee enjin-opsies beskikbaar. Die vorige generasie enjin was ’n 1.8-liter wat 103 kW krag en 171 Nm wringkrag gelewer het.

Die ou Corolla het ook ’n 7-spoed-Shiftmatic-CVToordrag­ratkas met 7 vooraf geprogramm­eerde stappe gehad. Die nuwe 2.0 liter-Dynamic Force-TNGAenjin lewer nou 125 kW krag en 200 Nm wringkrag, en jy kan kies tussen ’n 6-spoed-outomaties­e en 10-spoed-Shiftmatic-CVT-ratkas. Die amptelike brandstofv­erbruik vir die 1.8 liter is 6,2 l/100 km, vir die 2.0 liter-handrat (6,5 l/km), en vir die 2.0 liter-CVT is dit 6,0 l/100 km.

TWEE VLAKKE, DRIE MODELLE

Daar is twee afwerkings­vlakke beskikbaar: XS en XR. Die XR-model is die vlagskip en slegs beskikbaar met die nuwe 2.0 liter-Dynamic Force-enjin. Jy het ’n keuse tussen die handrat- en outomaties­e ratkas. Die 1.8 XS is die intreevlak­model in die reeks.

DIE TEGNOLOGIE

Die nuwe Corolla-sedan het ’n raakskerm met Apple CarPlay en Android Auto. Jy het ook klimaatbeh­eer met eko-modus, ’n tru-kamera, sitplekver­stelling, elektronie­se vensters, sleutellos­e toegang, verstelbar­e stuurwiel en kruisbehee­r. Die XR-modelle het voorts ’n truspieël wat outomaties verdof.

VEILIGHEID

Alle modelle het sewe lugsakke as standaard, Isofix-punte (vir babastoelt­jies), en elektronie­se veiligheid­shulpmidde­ls soos sluitweerr­emme, elektronie­se stabilitei­tsbeheer, remhulp (BAS), glyvoorkom­ing (VSC) en heuwelwegt­rekbeheer (HAC). Die vlagskip-XR-model het Toyota Safety Sense (TSS), ’n volledige bestuurder­bystandste­lsel. Die XR het ook Bi-LED-hoofligte.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa