Sarie

baanbreker­s

-

Hulle is die pioniers, die mense wat die voortou neem, selfs in onseker tye. Onder hulle ook vroue, soos die Franse fisikus Marie Curie (18671934), die Amerikaans­e vlieënier Amelia Earhart (1897-1939) en die Pakistanse aktivis en Nobelprysw­enner Malala Yousafzai.

Op 23 Maart 2020, die dag waarop pres. Cyril Ramaphosa die nasionale inperking afgekondig het, het Joanie Fredericks se hart tot in haar skoene gesink. Dié aktivis van Tafelsig op die Kaapse Vlakte het geweet haar gemeenskap gaan sukkel om te oorleef gedurende die 21-dae-inperking. “Dit het swaar op my bors kom lê,” sê Joanie. “Ek het net geweet ek móét iets doen.”

Sy het almal gebel wat dalk sou kon help . . . mede-inwoners, gemeenskap­sleiers, vriende. “Ons het teen tyd gewerk, almal wat kon help, ingespan. As jy kos kon gee, het jy gegee. As jy kon help pak, het jy gepak. As jy ’n bakkie gehad het, moes jy kospakkies aflaai. Daar was nie tyd om te mors nie.”

Dis toe dat Joanie hoor van ’n Kaapse sopkombuis wat moes sluit. Hulle het kos gehad, sy moes dit net kom haal. “Jinne, dit het ’n hele kamer volgemaak! Teen middernag toe lockdown begin, was die kospakkies gereed.”

Maar Joanie het geweet dis nie genoeg nie. “Ek het besluit om my eie kombuis se deure oop te maak . . . ek moes doodeenvou­dig aanhou help.”

Joanie en nog vroue het daagliks sowat 10 000 maaltye gekook. “Daar was skielik kindness in die gemeenskap. Mense het blikkies kos, pakkies rys en selfs groente kom afgee. En dan was daar respect ... selfs gangsters van verskillen­de groepe het in vrede hul maaltye kom kry. Hulle het in daardie tyd nie een keer baklei nie.”

Haar foon het nooit ophou lui nie, selfs vyf maande nadat die inperking al begin het. “Joanie, help hier . . . Joanie, weet jy van . . . Joanie, jy moet kom. Die mense het oralste swaargekry! Nie net in Tafelsig nie, reg oor die land.”

Sy het op haar foon ’n video opgeneem waarin sy pres. Ramaphosa om hulp smeek. Die Dear Mr. President-video het soos ’n veldbrand versprei. Toe komediant Marc Lottering dit sien, het hy saam met haar ’n Dear Mr. President-projek begin. Stories en pleidooie van reg oor Suid-Afrika is op video vasgelê en Marc het die liedjie “What About the People” geskryf waarin hy die president vra om honger mense te help.

Joanie het nooit ’n antwoord van pres. Ramaphosa ontvang nie. “Maar ander mense het van hulle laat hoor, ander mense wou help.”

Onder hulle was Springbokk­aptein Siya Kolisi . Hy en sy vrou, Rachel ,het hul Kolisi-stigting in April 2020 begin om kos aan arm mense te skenk. Een van die plekke wat hulle bygestaan het, was Joanie se kombuis.

Waar party gemeenskap­pe oor ’n bord kos bymekaarge­kom het, het ander

danksy kuns. Kunstenaar Alice Toich het op die vooraand van die grendeltyd haar #21DaysOfAr­tSA-uitdaging op Instagram begin. Elke oggend sou sy ’n tema gee en teen 22:00 moes almal hul kunswerk oplaai. “Kuns is ’n uitlaatkle­p, hou jou gees gesond. Enigiemand kon deelneem, daar was geen reëls nie.”

Sy sou nooit kon droom dat die uitdaging deelnemers van die VSA, Australië, België, Brittanje en selfs Panama sou lok nie. “Party mense het vir die eerste keer ’n verfkwas opgetel, ander het ná jare weer begin teken. Daar was ’n samehorigh­eid, ’n gevoel dat ons deel van ’n gemeenskap is.”

 ??  ?? HEEL BO LINKS Joanie Fredericks, aktivis en gemeenskap­sleier van Tafelsig.
FOTO FACEBOOK/JOANIE FREDERICKS
MIDDEL In April 2020 het Springbokk­aptein Siya Kolisi en sy vrou, Rachel, hul Kolisi-stigting begin. Die stigting het kos in gemeenskap­pe in nood uitgedeel.
FOTO GARY VAN WYK PHOTOGRAPH­Y/BLACK BEAN PRODUCTION­S
Op die foto BO REGS is van die kospakke wat geskenk is.
FOTO INSTAGRAM/THE KOLISI FOUNDATION
ONDER REGS Kunstenaar Alice Toich. Sy het ’n #21DaysOfAr­tSA-uitdaging op Instagram begin tydens die eerste fase van inperking. FOTO KENT ANDREASEN
ONDER LINKS Een van Alice se eie kunswerke. Die tema van die dag was “Something Growing”. FOTO INSTAGRAM/ALICE TOICH
HEEL BO LINKS Joanie Fredericks, aktivis en gemeenskap­sleier van Tafelsig. FOTO FACEBOOK/JOANIE FREDERICKS MIDDEL In April 2020 het Springbokk­aptein Siya Kolisi en sy vrou, Rachel, hul Kolisi-stigting begin. Die stigting het kos in gemeenskap­pe in nood uitgedeel. FOTO GARY VAN WYK PHOTOGRAPH­Y/BLACK BEAN PRODUCTION­S Op die foto BO REGS is van die kospakke wat geskenk is. FOTO INSTAGRAM/THE KOLISI FOUNDATION ONDER REGS Kunstenaar Alice Toich. Sy het ’n #21DaysOfAr­tSA-uitdaging op Instagram begin tydens die eerste fase van inperking. FOTO KENT ANDREASEN ONDER LINKS Een van Alice se eie kunswerke. Die tema van die dag was “Something Growing”. FOTO INSTAGRAM/ALICE TOICH

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa