Sarie

EN AS JY NIE EEN VAN HULLE WAS NIE . . .

-

Wat as jy nie so produktief was nie? Of ’n verskil gemaak het nie? As jy heeldag in jou pajamas gebly het?

Dis ook oukei, sê prof. Retha Bloem, ’n dosent aan die NWU se sentrum vir jeug- en familiestu­dies. “Mense is nie almal ewe veerkragti­g nie. Moet nie jou proses van kophou met ander s’n vergelyk nie. Almal se omstandigh­ede verskil. Ons kyk so vas in helde en sterre dat dit ’n ongesonde maatstaf geword het. Ja, laat dit jou inspireer. Maar moenie dat dit jou definieer nie.”

Ons almal se geestesges­ondheid het ’n knou gekry, meen die terapeut dr. André Kilian van Soulful Leadership & Living. “Om net kop te gehou het of vir jou gesin te sorg was dalk jou grootste heldedaad.”

In jou eie klein wêreld kon jy dalk ook ’n ikoon, ster, baanbreker of selfs rebel gewees het, reken dr. Hoosain. “Moenie jou impak op jou eie gesin of vriendekri­ng onderskat nie. ’n Klein daad kan baie wyer uitkring. Jy het dalk onbewustel­ik ander mense aangeraak.”

Op 4 Junie 1940 het Churchill sy beroemde toespraak in die parlement gelewer: “Ons sal tot die einde toe voortgaan . . . Ons sal op die strande veg, ons sal op die landerye veg, ons sal veg in die veld en op die strate, ons sal veg in die heuwels; ons sal nooit oorgee nie.”

Tagtig jaar ná die Wonderwerk van Duinkerken het die mens wéér bewys wat in hom steek.

Ons vat enkele treë soos kapt. sir Tom Moore. Ons maak ons kombuise oop soos Joanie Fredericks. Ons dra swaar soos Miralem Sabic Mika. Ons begin ’n sosialemed­ia-uitdaging soos

Alice Toich. Groot of klein, ons maak elke dag ’n verskil, want ons is die klein bote van die pandemie-see.

BRONNE Reuters, The New York

Times, BBC, Times Live, Netwerk24, The Washington Post, The Guardian, The Atlantic

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa