Sarie

ILSE OOR: VYANDE VAN VEERKRAGTI­GHEID

-

TROTS

My trots het my aanvanklik gepootjie – moenie dat joune jou terughou nie. As jy betyds hulp vra, kan jy vinniger terugbons. Ek moes leer ek hoef nie Superwoman te wees en alles self te doen nie.

CHAOS

Jy kan nie fokus op wat belangrik is as daar te veel onopgelost­e dinge in jou lewe is nie. Handel af wat jy kan, fisiek en emosioneel, as jy sukkel om van ’n terugslag te herstel.

SWAK SELFBEELD

My egskeiding het my met ’n swak selfbeeld gelaat waaraan ek moes werk. Wees sagter met jouself, gee erkenning aan jouself vir wat jy al bereik het, en as jy steeds sukkel, kry hulp. Ek dink ook mense moet ’n tree terugstaan van sosiale media – niemand het volmaakte lewens, perfekte kinders en uitgesorte­erde huise nie.

SLAGOFFER-MENTALITEI­T

Dit dien geen doel om heeltyd ander te blameer vir jou situasie nie.

TONNELVISI­E EN ’N GEBREK AAN WAAGMOED

As jy jou werk verloor het in die pandemie, moenie jou blind staar teen jou opleiding en dink dis al waartoe jy in staat is nie. Doen ’n SWOT-analise:

Lys jou sterkste en swakste eienskappe, geleenthed­e en bedreiging­s. Probeer iets anders, al is dit nie heeltemal in jou aard nie. Dit lei dalk tot nog ’n geleenthei­d.

ONKUNDE OOR HULP

Baie mense is onbewus van hoeveel hulp beskikbaar is. Lees op, luister na podsending­s, kyk TED Talks of klop aan by ’n kenner. Moenie dat iets soos depressie wat behandelba­ar is jou onderkry in ’n tyd wat jy juis al jou oorlewings­vaardighed­e nodig het nie. Kry profession­ele hulp. Ek gebruik antidepres­sante, want ek het dit nodig. Twee jaar ná ons ongeluk, met my pa se dood, het ek gevoel ek wil knak. Ek het so twee of drie sessies by ’n sielkundig­e nodig gehad om my weer perspektie­f te gee.

Besoek ook Ilse se webwerf oor veerkragti­gheid: veerkragti­gheid.co.za

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa