Sarie

ONTMOET DIE koningin

VAN KOEKTENDEN­SE

- DEUR MARZANNE SCHOEMAN

Sosiale media is ’n wonderlike ruimte vir kostendens­e om hul buiging te maak en te floreer. Dink maar aan die vuurwarm tamatie-en-feta-pasta, die gewilde dalgona-koffie en selfs die wolkbrood met woema. Nou is daar ’n nuwe obsessie: die tsoenami-koek.

Tsoenami-koeke, ook bekend as die “pull-me-up”koek, bestaan uit ’n dekadente koek met vloeibare versiersel wat soos ’n waterval langs die kante afloop. Dis ’n fees vir die oog en smaakknopp­ies!

Hierdie nuwe tendens sal enige suikertand se hart laat bokspring en dit is boonop maklik om jou eie tsoenami te skep.

SÓ MAAK JY

Sodra die koeklae afgekoel het, versier dit gewoonweg met bottervers­iersel en draai ’n asetaat-koekomhuls­el (acetate cake collar )om die gestapelde lae. Giet dan vloeibare versiersel bo-oor – sjokolade-ganache is ’n lekker opsie – en versier verder met koekstrooi­sel. Verwyder die omhulsel en laat die ganache oor die koek loop.

Die tsoenami-koek is egter nie die enigste een wat onlangs opslae in die kuberruim gemaak het nie. Hier is nog drie koeke wat soos ’n veldbrand versprei het:

1. Oreo-koppiekoek 2. Marmerkoek 3. Geverfde botterroom­blomkoek FOTO HEEL LINKS INSTAGRAM/BIRDIES CUPCAKES

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa