Sarie

SÓ KRY JY MARCIEL HOPKINS SE BOER SOEK ’N VROU-VOORKOMS

- DEUR SUANNÉ MULDER FOTO’S REECE VAN DER MERWE VAN DIS REECE, GETTY IMAGES/GALLO IMAGES

In elke liewe episode van die gewilde maatsoekre­eks Boer soek ’n vrou het aanbieder Marciel Hopkins eksieperfe­ksie gelyk. Haar uitrusting­s was in die kol, haar hare en grimering het elke keer 10/10 gekry. Haar geheime wapen? Estelle Pretorius. Stilis, grimeerkun­stenaar en skoonsus van aktrise Simoné Pretorius!

Tydens verfilming was dit vir Estelle belangrik om op ’n natuurlike voorkoms vir Marciel te fokus. Sy het veral warm, brons oogskadu-skakerings gebruik om klem op haar blou oë te plaas.

“Ek het ’n donker oogomlyner bo-op haar ooglede aangewend om dit te laat uitstaan. So ’n paar lae maskara laat

haar wimpers voller lyk. Ons het baie pret gehad met kleurvolle lipstiffie, nie net om meer eenvoudige uitrusting­s kleur te gee nie, maar ook om aandag op haar lippe te plaas.”

MARCIEL SE STAATMAKER­GRIMEERVOO­RKOMS IN 11 STAPPE

Berei jou vel met ’n vogroom en ’n basislaag voor.

2. Gebruik ’n dun lagie onderlaag om ’n egalige gelaat te skep. Estelle hou daarvan om ’n onderlaag wat ’n klein bietjie warmer as Marciel se velkleur is, te gebruik om haar gesig op te helder.

3. Gebruik verbloemer wat ’n klein bietjie ligter as jou onderlaag is en wend dit onder jou oë sowel as in die binneen buitehoeke van jou oë aan. Skakeer dit met jou vinger of ’n sponsie.

4. Skep diepte deur ’n verbronser diagonaal op jou wangbene aan te wend (trek ’n denkbeeldi­ge lyn van die bopunt van jou oor na die buitehoek van jou mond en wend dit bo die lyn aan). Wend dit ook teenaan jou slape, voorkop en aan die kante van jou neus aan vir ’n songekuste voorkoms.

5. Wend blosser ook diagonaal bo die verbronser en teenaan jou wangbeen aan om ’n natuurlike rooskleuri­ge voorkoms te skep.

6. Kam jou wenkbroue in

’n opwaartse rigting om dit voller te laat lyk en vul dit dan liggies met ’n wenkbroupo­tlood of -poeier in. Hou jou wenkbroue mooi in plek deur ’n wenkbrouje­l te gebruik.

7. Beklemtoon jou oë deur ’n neutrale oogskadu oor jou hele ooglid aan te wend. Definieer die buitehoek van jou oog met ’n donkerder skakering wat jy in ’n C-vorm tot by die eerste derde van die vou van jou ooglid aanwend. Tik dan ’n ligte r kleur in die binnehoek van die oog aan om ’n wakker en “oop” voorkoms te skep. Rond jou oë met die neutrale skakering teenaan jou wate rlyn af.

8. Wend oogomlyner bo-op jou ooglid teen jou wimperlyn aan.

9. Wend so ’n paar lae maskara vir trefkrag aan.

Moenie van jou onderste wimpers vergeet nie, dít laat jou oë groter lyk.

10. Kies ’n lekker donker of helder lipstiffie om jou grimeervoo­rkoms af te rond.

11. Spuit ’n laag grimeerspr­oei oor jou hele gesig om seker te maak dat jou grimering langer hou.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa