Sarie

Sakpas rygoed

MET ’N SPORTNUTS-JASSIE

- DEUR FOTO’S

WILMER MÜLLER VERSKAF

Dit klink ’n bietjie soos ’n plaat wat vashaak om te sê dat sportnutsv­oertuie deesdae die voertuigke­use van Jan Alleman is. Tog is ’n blinknuwe sportnuts se prysetiket bo talle se vuurmaakpl­ek, maar dit keer nie vervaardig­ers om sakpas rygoed ’n sportnuts-jassie aan te trek nie . . . Twee sulke motors is die indrukwekk­ende Ford Figo Freestyle en Suzuki se baie gewilde Ignis, wat ek onlangs toetsbestu­ur het.

< FORD FIGO FREESTYLE

Dié gespierde buksie is op Ford se Figo-luikrug gebaseer, maar met talle sportnuts-onwerpeien­skappe opgekikker. Só is die grondvryho­ogte van die Freestyle sowat 2 cm hoër en is dit gepantser met swart plastiekbe­skermingst­roke op die bakwerk, dakrakke en silwer skermstrok­e onder die buffers. Ons het die deftiger Titanium-model toetsbestu­ur met onder meer ’n raakskerm-multimedia­stelsel, klimaatbeh­eer, elektriese vensters, ses lugsakke en ABS-remme. Onder die enjinkap is ’n bekwame 1,5-literdries­ilinder-petrolenji­n en volgens Ford is die gemiddelde brandstofv­erbruik 5,5 liter/100 km. Die Figo Freestyle is ’n oulike ryding wat vertroue inboesem op die pad. Pryse begin by: R241 100.

SUZUKI IGNIS >

Met sy parmantige voorkoms is die Ignis ’n voertuig wat uitstaan in die sakpas-segment. In GLX-gewaad, wat ons gery het, is dit goed toegerus met talle geriefsken­merke. Suzuki span ’n 1,2-liter-petrolenji­n in, wat goeie verrigting bied. Dit sorg boonop vir lae brandstofv­erbruik en volgens Suzuki is die handratmod­el s’n net 4,9 liter/100 km. Die Ignis is ’n motor wat ’n glimlag op jou gesig sit – nie net vanweë sy windmaker-voorkoms nie, maar omdat dit rats op die pad voel en maklik is om te bestuur. Pryse begin by: R193 900.

Lees die volledige artikel op SARIE.com

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa