FRANK RAUTENBACH
Sy passies is gholf, kitaarspeel asook ’n goeie paar leerskoene. Frank is elegant-stylvol en sê sonder ’n snyersbaadjie kan hy nie leef nie.
Blou baadjie met elmboogdetail (R899), H&M. Steenkleur gholfhemp met wit kraag as detail (R499), Zara. Liggrys langbroek met ruitpatroon (R629), H&M. Bruin leerinsteekskoene (R2 699), Aldo. Bruin leerbelt (R250), Old Khaki. GROOTTES Baadjie: 32R – 48R Hemp: XS – XL Broek: 28R – 42R