Sarie

NEIL SANDILANDS

(BART IN 7DE LAAN)

-

Neil het sedert die Laan sy staal gewys as internasio­nale akteur in reekse soos The 100 (2016) en The Flash (2017-’18). Hy woon nou al sedert 2014 in Los Angeles, hoewel hy ook in plaaslike produksies speel. Tans is hy juis op Kamieskroo­n in Namakwalan­d vir die verfilming van ’n nuwe reeks, Desert Rose. “Ek is nou al ’n burger in albei lande en ek hoop ek kan so aanhou om ter plaatse en oorsee te werk. Ek geniet die beweeglikh­eid, maar dit doen my hart goed om in my eie taal te kan werk.”

Hy wonder steeds baie oor “ou Bart”, wat in sy vier jaar in die Laan een van die mees geliefde karakters geword het. “Ek dink mense kan met hom identifise­er, want alles kom nie vir hom maklik nie. Hy is soms redelik onbeholpe, naïef, maar hy’s ’n goeie ou. Mense herken my steeds as Bart, al het ek intussen ’n miljoen ander avonture beleef. Ek sal ewig dankbaar wees vir my tyd daar, en ek is trots op my werk as Bart.”

Hy is egter ’n totaal ander mens as wat hy destyds was, sê hy. “My bloudruk het seker nie veel verander nie, maar my benadering het, en ek het meer begrip vir myself en die lewe – wat werk vir my en wat nie. Ek weet waar ek ’n bydrae kan lewer.”

Dit geld sy werk, maar in die breë ook, hetsy sy leefstyl of verhouding­s. “Ek is op ’n plek waar alles kalm is en ek tevrede. Ek voel nie ek hoef dit te versteur nie. Ek leef makliker met myself saam en my geldingsdr­ang neem af. Dis belangrik vir ’n jong mens om sy hand op te steek en gereken te wil word, ja, maar daar is iets te sê vir ’n ego wat sy versadigin­gspunt ken.”

BL. 66-67 Grys polkakol-hemp (R2 049), Tommy Hilfiger. Denimbaadj­ie (R999), Old Khaki. Vlootblou noupassend­e jeans (R699), RE. by Woolworths. Opryg-leerstewel­s (R1 199), Studio.W by Woolworths. GROOTTES Hemp: S – L Baadjie: XS – XXL Jeans: 71/79 – 117/84

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa