Sarie

ROBERT BESTER

(ZAC IN 7DE LAAN)

-

Wie sal ooit vergeet hoe Zac en Wilmien (Nina Swart) op die idilliese Griekse eiland Santorini herenig is? Robert was ses jaar lank net ’n paar maande per jaar in 7de Laan te sien, maar mense herken hom nou nog as Zac. “Die roem daardie tyd was ongeloofli­k. Ek het eenkeer in George winkel toe gegaan net om ’n brood te koop, en is drie uur later eers daar uit oor mense my so oorval het. Ek kan ook nie lelik wees nie en staan altyd vir ’n foto. En toe die heruitsend­ings begin, was dit amper weer dieselfde. Hulle sê mos everybody wants to be famous and then wants to hide behind sunglasses , en dis waar!”

Ná die Laan het Robert grootliks uit die kollig verdwyn – minstens as akteur. “Dit het skade aan my kinders gedoen toe ek in Johannesbu­rg gewerk het en hulle in die Kaap was, ons het so min tyd saam gehad. Toe besluit ek om byna voltyds pa te wees en modelwerk deeltyds te doen. Later was ek ook ’n modelagent. Ek wou nie meer in ’n bedryf wees waar jy só hard werk vir so min nie.”

Maar nou lyk sy lewe weer heel anders, en hy het ’n paar jaar terug weer vir enkele oudisies begin gaan. In 2018 was hy te sien in die komedie Action Point, met Johnny Knoxville. “My kinders is uit die huis en ek is intussen geskei. My uitkyk het baie verander. Jy dink jy gaan oud word saam met daai mense en dis swaar as dit nie so uitwerk nie. Maar tog is ek tevrede. Ek het baie vryheid en kan doen wat ek wil. Ek is gemaklik met myself en om ander mense. Onbenullig­hede vang my nie meer nie.”

BL. 66-67 Grys gholfhemp (R2 199), Tommy Hilfiger. Donker olyfgroen snyersbaad­jie (R3 299), Trenery. Uitgewaste swart noupassend­e jeans (R699), RE. by Woolworths. Swart weermagste­wels (R1 899), Democrata by Tread Ă Miller. GROOTTES Hemp: S – XL Baadjie: 36 – 48 Jeans: 74 – 122

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa