Sarie

HOEKOM GEBEUR HAARVERLIE­S?

-

Om daagliks tussen 50 en 100 hare te verloor is normaal, maar soms is daar snellers wat veroorsaak dat meer hare as gewoonlik tegelyk in hul rusfase ingaan en uitval. Dié toestand is dikwels net tydelik, maar veroorsaak steeds baie stres en kommer by vroue, sê Pierre Malherbe, verspreide­r van die haarsorgre­eks Roots Double Effect in Suid-Afrika. As jy niks daaraan doen nie, kan dit enigiets tussen ’n maand en vier maande duur voordat jou hare weer begin groei.

Haarverlie­s kan ook permanent wees en gebeur wanneer die haarfollik­el met elke groeisiklu­s verklein en uiteindeli­k doodgaan. Hoewel permanente haarverlie­s baie moeilik is om te behandel, is dit nie onmoontlik nie, sê dr. Fourie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa