Sarie

BESTE BEHANDELIN­GS

-

Aanvulling­s en voorskrifm­edikasie

“Wanneer ons haarverlie­s behandel, begin ons gewoonlik deur tekorte aan te vul. Jou dokter sal goeie aanvulling­s met bv. biotien en sink aanbeveel om die hare van binne te voed en gesonde groei te bevorder,” sê dr. Fourie. Na gelang van die oorsaak kan jou dokter ook spesiale mengsels wat jy op jou kopvel aanwend, voorskryf.

Naaldbehan­deling

Naas aanvulling­s en medikasie toon profession­ele naaldbehan­deling – waar spesifieke bestanddel­e by jou kopvel ingespuit word – die beste resultate. “Dié behandelin­g vermeerder die bloedvloei na jou kopvel sodat meer suurstof en voedingsto­wwe aan die haarfollik­els gelewer word en die wortels gevolglik vernuwe en beter groei,” sê dr. Allem. ’n Kombinasie van behandelin­gs versprei oor ’n tydperk is gewoonlik nodig.

Tuissorgpr­odukte

Die regte tuissorgpr­odukte kan jou kopvel skoon en gesond hou en ook help dat hare langer in hul groeifase bly. Volg die aanbevelin­gs van ’n ervare en opgeleide terapeut of dokter om te voorkom dat jy duur produkte gebruik waarvoor geen wetenskapl­ike gronde bestaan dat dit haarverlie­s verminder nie, sê dr. Allem.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa