Sarie

WENKE VIR YL HARE

1 KIES ’N LIGTER HAARKLEUR

-

Ligter haarkleurs­kakerings verdoesel die voorkoms van hare wat by jou paadjie en haarlyn verdun en maak jou kopvel minder sigbaar.

2 SNY JOU HARE IN ’N KORT OF MEDIUM LENGTE

Lang haarstyle is geneig om jou hare yler te laat lyk as wat dit is, terwyl kort of medium lengtes meer volume skep.

3 MASSEER JOU KOPVEL

Deur jou kopvel te masseer terwyl jy jou hare was, stimuleer jy bloedvloei na die follikels, wat haargroei bevorder.

4 SKILFER JOU KOPVEL AF

Jou hare groei beter op ’n skoon, gesonde kopvel. Skilfer so een keer ’n week jou kopvel af met ’n haarmasker.

5 EET REG

Kos ryk aan gesonde vette, soos avokado’s, olieryke vis en sade, stimuleer die bloedsirku­lasie na jou kopvel en bevorder só gesonde haargroei.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa