Sarie

VEL SOOS GLAS

-

Ek het die afgelope twee maande Environ se Focus Care ComfortĂ Anti-Pollution Spritz (R520) en Masque (R515) beproef. Dit voel heerlik om soggens ná my velsorg- en grimeerroe­tine die gesigsproe­i aan te spuit en te weet daar’s ’n lagie wat my vel beskerm teen die talle besoedelin­gsaanslae van die dag. Die masker, met houtskool en botaniese bestanddel­e, gebruik ek dan so twee keer ’n week om besoedelin­gsdeeltjie­s in my vel te absorbeer. Anders as sommige ander houtskoolp­rodukte laat dit nie my vel droog voel nie, maar eerder bevog en vars. By uitsoeksal­onne

Die ghd rise (R2 900) is jou kitsoploss­ing vir sagte, golwende hare met volume. Dié elektriese borsel is ontwerp om jou haarwortel­s te lig en maklik deur jou haarlengte­s te beweeg vir ’n sjiek, voller voorkoms. Boonop word die temperatuu­r 250 keer per sekonde gemonitor om hitteskade te beperk. By uitsoeksal­onne en ghdhair.com

Gebruik in die winter dié afskilfera­ar, vogroom en basislaag vir ’n gladde vel wat glansend en bevog lyk

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa