Sarie

MY MAN IS ’N TROL OP SOSIALE MEDIA

-

My man het sy korporatie­we werk gelos en sy eie ondernemin­g begin. Nou voel hy hy kan sy mening vrylik op sosiale media deel en “net homself” wees. Dit sluit kommentaar in op vriende se plasings van ’n politieke aard – dikwels op ’n afbrekende manier. Hy moet soos ’n egoïstiese veelweter lyk. Hy het ook al kru en onvanpaste aanmerking­s aanlyn gemaak. Toe ek die saak aanroer, het hy gesê dis ’n grappie en “tog net Facebook”. Hoe laat ek hom verstaan hoe dit my ontstel? En kan ek hom “unfriend” of gaan ek net dinge vererger?

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa