Sarie

HOE goeie NEEM JY BESLUITE?

-

Wat wil jy bereik?

Vra jouself dus watter probleem jy wil oplos. Doen soveel as moontlik

navorsing om te besluit wat is die beste manier om die regte keuse uit te oefen. Maak ’n lys van moontlike alternatie­we.

Jy hét nou ’n lys van oplossings vasgestel.

Kyk wat elke besluit se

moontlike uitkoms is, sodat jy kan bepaal wat die beste besluit vir jou unieke probleem sal wees. Wees baie eerlik wanneer jy die voor- en nadele teen mekaar opweeg, want jý moet gemaklik wees met die uiteindeli­ke keuse

(en uitkoms).

Nou kan jy jou besluit uitoefen. Vertrou jou instink. Jy hét die navorsing (kopgedeelt­e) gedoen. ’n Mens weet immers nooit honderd persent of jy die regte besluit neem nie. Jy wonder dalk selfs wanneer jy dit maak of dit reg is, maar iewers is daar ’n afsnypunt.

Evalueer jou besluit: Jy het die besluit geneem en nou kan jy kyk of dit werk. Dit is waarskynli­k net so belangrik soos die eerste stap, want dít bepaal watter verdere besluite jy gaan neem. Miskien moet jy teruggaan en herbesin, ander besluite neem en jou planne aanpas.

Inligting: corporatew­ellnessmag­azine.com

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa