Sarie

SO SÊ HULLE OP

SARIE.COM

- Jy wou van jongs af ’n joernalis geword het, Megan Werner ’n vlieënier. Het dít jou aangetrek tot haar verhaal? Wat van Megan se storie het die grootste indruk op jou gelaat? Kom die vertel van ware gebeure vir jou as joernalis natuurlike­r, of sal jy ook

Joernalis en nuusleser Daniëlla van Heerden oor haar jeugroman, As jy droom (Pan Macmillan, R180)

Dit was beslis een van die trekpleist­ers. Maar as joernalis is ek veral geprikkel deur die nuuswaardi­ge element van Megan en die U-Dream Global-span se reis. Ons is immers altyd op soek na dinge wat vreemd, uniek en uitsonderl­ik is. En die kern van Megan se storie is so nuuswaardi­g soos kan kom: “Jong meisie en tienervrie­nde bou ’n Sling4; vlieg daarmee van die Kaap na KaÏro.”

Dit het destyds reeds my aandag getrek, ek het vermoed dit sal ’n wonderlike storie(boek) maak.

Dat sy nooit getwyfel het in haar en haar jong kollegas se vermoë om so ’n reusetaak suksesvol af te handel nie. Ook dat sy steeds haar droom najaag, selfs ná die dood van haar pa. (Des Werner is in ’n vliegongel­uk dood net ná die projek voltooi is, en ons skryf ook daaroor in die boek.)

Dit is vir my meer natuurlik om ander se stories te vertel, maar ek het van jongs af tog óók gehou van kreatiewe skryfwerk. Ek het selfs skryfkuns as universite­itsvak gehad. Omdat ek deesdae meer niefiksie skryf, was my kreatiewe vaardighed­e nogal verroes! Ek het wel onlangs die geleenthei­d gekry om ’n kortverhaa­l vir ’n tienerbund­el te skryf en dit só geniet. En nou is ek vuur en vlam om ook ’n fiksieboek vir die jeugmark te skryf.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa