Sarie

Underdogs

- Phyllis Green

Colin Crowdey (Orion, R240)

Die foto’s in dié pragboek het my onmiddelli­k opgebeur. Ek’s mal oor honde en kan my verkyk aan my eie bulterriër as sy uitgelate op die mat rondrol. Sy is ook gek daarna om bene in die lug op haar rug te lê en slaap. Maar ek het nog nooit soos Colin Crowdey probeer om haar op ’n glasbladta­fel te laat poseer, sodat ek haar van onder af kan fotografee­r nie. Watter unieke perspektie­f op die mens se beste vriend!

Crowdey vertel sommige honde het sommer self opgespring en soos wafferse modelle gepronk. Ander moes met ’n snoepding omgekoop word en nog ander moes opgetel word. Hondebase van heinde en verre was gewillig om hul hondekinde­rs op hierdie ongewone manier te verewig. Crowdey moes selfs twee keer nee sê vir ’n oorywerige sint bernard-eienaar, want die tafel sou nie die hond se gewig dra nie. Ek is verlief op al die honde in dié lieflike boek.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa