Sarie

SARIE VOORBLADGE­SIG

Hier’s ons Top-40

- Michélle van Breda, SARIE-redakteur

Ons 11de jaar en SARIE Voorbladge­sig is so sterk soos altyd. Die trotse wedstryd wat die SARIE-span bly verras en SARIE-lesers bly inspireer. Oraloor. Dis die een woord wat vanjaar se wedstryd netjies opsom. Want weer het inskrywing­s vanuit elke uithoek van die land ingestroom – die stede, die dorpe, al wat ’n klein plekkie is. Uit elke provinsie, selfs van oor die grens in Namibië. En weer was die kies van die groep van 36 (lesers het op SARIE.com vir die laaste vier gestem) nie maklik nie. Vir dae aaneen, agt uur ’n dag, het ’n groep van agt elke inskrywing oorweeg en heroorweeg. Tot uiteindeli­k, die Top-40.

Ontmoet hulle hier! Van prokureurs tot juweliers en onderwyser­s, tuisblyma’s, aktrises en entreprene­urs. Van Hoopstad, Jan Kempdorp, Kommetjie en Yzerfontei­n tot Windhoek, Witbank en Wellington. Die finaliste sal ook aanlyn op SARIE.com voorgestel word deur ’n kort video wat elkeen aan SARIE gestuur het. Saam sal julle kan sien wie hierdie vroue is, waar hulle vandaan kom en waarom hulle besluit het om in te skryf vir Suid-Afrika se unieke voorbladge­sigwedstry­d. En onder hulle, is die wenner: SARIE Voorbladge­sig 2021!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa