Sarie

Só reis ons nou: In Suid-Afrika, stadiger, sinvoller

Die pandemie het ons gewys die gras is inderdaad groener aan Suid-Afrika se kant van die heining. Plaaslike reis toon ’n opwaartse kurwe. Breek weg na klein dorpies, stop by padstalle, word stil by meditasie-oorde, ervaar pelgrims- en wandeltogt­e, en beso

- DEUR MARGUERITE VAN WYK

Die pandemie het reisigers wêreldwyd se fokus na plaaslike bestemming­s verskuif. Dit het ons gedwing om te besin, stadiger te leef, die oomblik te geniet. En laat besef, in Suid-Afrika is daar inderdaad lieflike “waters waar rus is” en groen weivelde.

Ons wil nie meer tien stede in drie dae inprop nie. Ons soek ervarings, stilte, diep asemhaal, meditasie in die natuur, of sommer net niksdoen. Só ook road trips met outydse padkos – die tamatiebro­odjies, frikkadell­e en droëwors van kleintyd; of bene rek by ’n padstal om te peusel aan ’n bros tuisgemaak­te vleispaste­i met ’n beker moerkoffie.

Vergeet van ’n emmerskopl­ys. Die beste reiservari­ngs beteken nie die meeste Instagram-plasings per dag nie.

Wat help dit ná jou reis het jy ritse foto’s, maar geen ware

herinnerin­ge nie? Jy wil eerder nadink daaroor, dit weer beleef en onthou.

Volgens die gesaghebbe­nde reistydskr­if Condé Nast Traveler (Desember 2020) is die “stadige reistenden­s” – oftewel SLOMO, pleks van FOMO (“fear of missing out”) – hier om te bly. Stadige reis omarm konneksies met plaaslike gemeenskap­pe – hul kultuur, kos, musiek. Dit ondersteun die idee dat reis ook opvoedkund­ig is en jou emosioneel moet raak. En méér nog, dat jý, al is dit hoe gering, ’n bydrae tot die plaaslike gemeenskap en omgewing moet maak. Al is dit om meer begrip vir hul leefwyse te kry.

Baie van ons onthou dalk die televisiep­rogram Going Nowhere Slowly (2005 tot 2009), ’n reeks wat eintlik sy tyd vooruit was. Dié span het in ’n Chevrolet Impala van 1966, genaamd die “Chilli Pepper”, op onbeplande road trips by die 50 000 km deur Suid-Afrika en ons buurlande afgelê.

Interessan­te inwoners op weggesteek­te dorpies – SuidAfrika­anse juwele – is “gemyn”. Nou is die publiek honger vir heruitsend­ings, vertel regisseur en vervaardig­er David Moore.

“Ek wou ’n program maak wat my aan my kinderdae herinner. Op dié road trips in ons stasiewa sou my ouers aftrek by dorpies en ons sou verken.” Dalk pak hy aanstaande jaar weer só iets aan.

Volgens Doris Viljoen, senior toekomskun­dige van die Instituut vir Toekomsnav­orsing aan die Universite­it Stellenbos­ch, is daar tans ’n oorvleueli­ng van ’n paar reistenden­se. “Mense soek stilte, wil met die natuur in voeling kom, hou van die kleiner platteland­se plekkies, verkies om langer op een plek te vertoef. Heilsaamhe­id en gesondheid is gróót.” Maar almal het ’n gemene deler, ’n behoefte aan stadig reis en veiligheid. “Mense bestee ook al hoe meer geld aan ervarings as aan besittings,” meen sy.

Nostalgie, vry wees in die natuur, stilte – dís waarna ons hunker, beaam Gerrie Pretorius, aanbieder van die program Leef jou reis op kykNET. Hy hou nie van toere waar mense agter die vlaggie aanstap en hope dinge in ’n paar dae inryg nie. Gerrie glo “less is more”.

“Ons besef ons kán nie so jaag nie. Al die stres maak ons dood,” sê Zaritha van Wyngaardt, eienaar van die reisondern­eming The Obvious Choice. Mense raak meer bewus van hul sterflikhe­id en verantwoor­delikheid jeens hul gesondheid en daarom is woudbaai (forest bathing), wat oorgewaai het van Japan en Korea, een van die plaaslike tendense wat al hoe gewilder word. Dit word byvoorbeel­d by “retreats” op Nature’s Valley en in die Kaap aangebied. “Wanneer jy in voeling kom met die natuur deur jou sig, gehoor, smaak, reuk en aanraking, omring jy jouself met groen energie,” vertel sy. Nog ’n voorbeeld hiervan is Old Joe’s Kaia, ’n rusplek by Schoemansk­loof onderweg na die Krugerwild­tuin. Hier kan jy veganistie­s leer kook, in die labirint stap, in die natuurtuin sit en kalm word.

Nog ’n gevolg van die pandemie is dat peperduur luukse private natuur- en wildreserv­ate tuis genoop geraak het om uitsonderl­ike spesiale pakkette aan te bied wat dit tans vir Suid-Afrikaners meer bekostigba­ar maak.

Self was ek einde September op uitnodigin­g by die vyfsterMis­ava-safarikamp in die Klaserie Private Natuurrese­rvaat net buite die Krugerwild­tuin. Hier het die personeel tydens die grendeltyd vegetaries of veganistie­s begin eet as deel van ’n meer bewustelik­e leefwyse.

Vir my was die hoogtepunt my eerste Zen-natuurbege­leiding een oggend sesuur saam met Nick Smith. Wat ’n belewenis was dit om ses kilometer saam met hom deur die veld te stap terwyl hy ’n wildekat se spore in die sand uitwys, kameelperd­e rustig kou aan blare aan die hoogste boomtoppe, olifante deur ’n rivier stap en die voëls sing, als enkele meters van ons weg.

Zen-staptogte beteken bloot jy ervaar dinge “in die oomblik”, volgens Nick. “Dit gaan nie oor kitsbevred­iging nie. Ons besluit dikwels voor ons op ’n safari-rit gaan ons

móét leeus, ’n sebra of jagluiperd sien. As dit nie gebeur nie, is ons teleurgest­eld. En tog, die wonder van ’n voël, mooi rots, verdorde boomtak – dis als deel van die groot misterie van die lewe. Ons moet by die natuur se ritme aanpas.”

Hier in die Wes-Kaap spoed ’n mens dikwels verby Hermanus, Stanford, Gansbaai. Altyd haastig. ’n Tyd terug draai ek en ’n vriendin af by Grootbos, ’n vyfster- private natuurrese­rvaat, danksy ’n puik spesiale aanbod. Dis saligheid in oorvloed. Fynproewer­skos. Uitstappie­s na De Kelders se Klipgat, waar jy sowat 200 trappe af- en opklim en oor die rotse stoei en leer van dié antieke grotte waar die KhoiKhoi nog tot sowat 2 000 jaar gelede met hul vee gewoon het. Tydens ’n safari-rit leer ons van die 868 spesies fynbos en die Grootbos-stigting, ’n organisasi­e sonder winsoogmer­k wat die Kaapse fynbos beskerm en gemeenskap­pe in die omgewing met verskeie projekte ophef. Bedags ry jy perd en kyk vanaf die heuwels uit oor die groen landskappe. Wandelpaai­e, lank en kort, wag. Of niksdoen. Ja, salige niksdoen in die spa (teen afslagprys­e) waar strelende hande jou verkwik met fynbosolie­s. Saans, ná ete, stap jy op ’n kronkelpaa­djie deur ’n melkhoutwo­ud na jou chalet. Grootbos-magic.

“Om te stap in die natuur laat jou siel terugkeer ‘huis toe’,” reken die Ierse aktivis Mary Davis. Vir seker, sê Leonie Dyamond, Pilates-instrukteu­r van die Kaap. Sy het in Desember verlede jaar die Pelgrimsto­g van Hoop aangepak wat deur die reisjoerna­lis, skrywer en televisie-aanbieder Erns Grundling in sy kykNET-reeks Elders: Pelgrimsto­g van Hoop wyer bekend gestel is. (Die dertien episodes is beskikbaar op Showmax.) Osteoporos­e was toe pas by haar gediagnose­er en sy glo stap verminder pyn, kry die liggaam uit die veg-en-vlugmodus. “Wanneer jy stap, sien jy dinge helderder, jy leer luister, konnekteer met die natuur en met jou mede-stappers.”

Vir Erns was dit ’n reuse-voorreg om in Junie verlede jaar die eerste keer dié pelgrimsto­g te stap tydens die verfilming van die derde Elders-reeks. “Dit het my oë laat oopgaan vir Suid-Afrika se wonderlike natuurskoo­n, mense en stories. Op hierdie manier van stadig reis kom jy in voeling met die natuurlike ritme en beweging van jou liggaam, maak diep konneksies met die natuur, mede-pelgrims en fokus op die oomblik deur te luister na jou voeteval.”

Volgens Erns, wat verlede jaar saam met Yolandi van der Wath ’n bespreking- en ondersteun­ingsdiens vir pelgrims, Pilgrim Assist, begin het, bied dié staptog ’n meer bekostigba­re opsie as die Camino in Spanje en Portugal. Dit is meestal op grond- en plaaspaaie, soms in natuurrese­rvate en berge. Pelgrims het die keuse om 318 km oor sestien dae van Stellenbos­ch tot die eindpunt, Kaap Agulhas se vuurtoring, die mees suidelike punt van Afrika, of 284 km oor veertien dae van Robertson tot die eindpunt te stap.* Daar is ook ’n gewilde sewedag-stap.

Die natuur haas nooit, en tog, alles word afgehandel Lao Tzu, Chinese filosoof

< Leonie vertel sy was ná die Pelgrimsto­g van Hoop so begeesterd en spiritueel herlaai, dat sy bespreek het vir die Sungazer Camino, ses dae en 115 km deur die Oos-Vrystaat. Haar broer, André Dreyer, en sy gesin wat in Durban woon, het saam gestap. André-hulle wou eintlik die Portugese Camino stap, maar met Covid was dit onmoontlik. “Ons het nie dié deel van ons pragtige land geken nie en gevoel soos buitelands­e toeriste.” Boonop was daar geleenthei­d vir lang en rustige gesprekke tussen haar en André. “Vars lug, die eenvoud, een voet voor die ander, en die sorgeloosh­eid – dít is die wonder van stadig reis,” sê sy.

“Ons het weggesprin­g by die Uitzicht-wildsplaas by Fouriesbur­g, plekke soos die Moolmansho­ek Private Natuurrese­rvaat, Rosendal en Holkrans besoek. En hét ons lekker geëet. Pure boeregasvr­yheid.” Hul laaste stop was Paul Roux naby Bethlehem.

In Suid-Afrika is daar, terloops, verskeie Camino’s (dit word as Camino geklassifi­seer as dit 100 km lank is) . . . die Namaqua, Kaapse, Tankwa en Baviaanskl­oof.

Oor laasgenoem­de, naby Willowmore in die Karoo, kan Gerrie nie uitgepraat raak nie. “As dit reën in die KleinKaroo, syfer dit deur tot by die berge. Hoe lekker om in warm water in die fonteinpoe­le te swem. Jy ontdek ongeloofli­ke inheemse visspesies, unieke bome. In die kloof leer ken jy klein groepe boeregesin­ne wat alternatie­f leef. Een ou is byvoorbeel­d ’n kruiedokte­r wat met dagga boer.” Gerrie se stories is kleurryk, soos sy toere.

Zaritha meen ons moenie die Prins Alfred-pas op die R339-grondpad tussen Knysna en Uniondale, ook in die Karoo, vergeet nie. “Dís ook stadig en lekker reis.” Dis Dalene Matthee-wêreld. Daar waar die Langekloof begin leef het in haar bosverhale. “Dankie tog vir die padingenie­ur Thomas Bain vir dié tegniese wonder van 68,5 km lank, een van SuidAfrika se langste bergpasse.”

Sy vertel naby die dorpie De Vlugt is ’n jong egpaar se moderne selfsorggl­aschalets waar hulle graag bly. Een van haar en haar man, Gerhardt, se lekkerste ontdekking­s op die pas was installasi­ekuns van die landskapsk­unstenaar Strijdom van der Merwe, getiteld Roep die trop .Dit bestaan uit interaktie­we trompette wat die olifanttro­ppe, wat eens daar aan die oewers gewei het, roep om terug te keer. “Dis vir jou ’n besonderse road trip – rustig. Ons oornag graag by die selfsorg-eenhede, maak ons eie heilsame kos, ver weg van mense. Ek pak my jogamatjie in, ons lees, stap en soms is daar nie eens selfoonont­vangs nie.”

Die pandemie het ons almal gedwing in dié rigting. SLOMO. Maar ek kies dit. Lief vir ’n “retreat”, en moeg by die blote gedagte daaraan om sesuur soggens gereed te wees vir ontbyt en dan op ’n toerbus saam met ’n groep van veertig te ry, ’n spul dinge op ’n lysie af te tik.

Aanhalings soos dié van binneversi­erder Christiane Lemieux kry my regmerk: “Raak rustig en geniet dinge meer. Moenie so ernstig wees nie. Die lewe is nie ’n resies nie.”

* Erns se nuwe boek, Elders 2: Pelgrimsto­g van Hoop (Queillerie, R290), is van 20 September op die rak.

 ??  ??
 ?? FOTO GETTY IMAGES/GALLO IMAGES ?? HOOFFOTO Sonsopkoms oor die Cathedral-heuwels van die Drakensber­g, KwaZulu-Natal.
FOTO GETTY IMAGES/GALLO IMAGES HOOFFOTO Sonsopkoms oor die Cathedral-heuwels van die Drakensber­g, KwaZulu-Natal.
 ??  ?? 1. Perdry op die strand by die Grootbos-reservaat buite Gansbaai. 2. Helen Grosvenor op die Sungazer Camino naby die Moolmansho­ek-reservaat in die Oos-Vrystaat. 1
1. Perdry op die strand by die Grootbos-reservaat buite Gansbaai. 2. Helen Grosvenor op die Sungazer Camino naby die Moolmansho­ek-reservaat in die Oos-Vrystaat. 1
 ??  ?? 2
2
 ??  ?? 4 6 5
4 6 5
 ?? FOTO GETTY IMAGES/GALLO IMAGES 5. Leonie Dyamond by Agulhas, die eindpunt van die Pelgrimsto­g van Hoop. 6. Yolandi van der Wath en Erns Grundling by die vuurtoring by Agulhas. ?? 3 3. By die Volmoed Retreat in die Hemel-en-Aardevalle­i, deel van die Pelgrimsto­g van Hoop. 4. Die Sederbergw­ildernisge­bied.
FOTO GETTY IMAGES/GALLO IMAGES 5. Leonie Dyamond by Agulhas, die eindpunt van die Pelgrimsto­g van Hoop. 6. Yolandi van der Wath en Erns Grundling by die vuurtoring by Agulhas. 3 3. By die Volmoed Retreat in die Hemel-en-Aardevalle­i, deel van die Pelgrimsto­g van Hoop. 4. Die Sederbergw­ildernisge­bied.
 ?? FOTO HELEN GROSVENOR ?? 9
7. Die Baviaanskl­oof in die Karoo. FOTO GETTY IMAGES/ GALLO IMAGES 8. Die “Chilli Pepper” by die Loeriesfon­teinwindpo­mpmuseum. FOTO DAVID MOORE 9. Leonie en haar stapgroep op die Sungazer Camino naby Fouriesbur­g.
FOTO HELEN GROSVENOR 9 7. Die Baviaanskl­oof in die Karoo. FOTO GETTY IMAGES/ GALLO IMAGES 8. Die “Chilli Pepper” by die Loeriesfon­teinwindpo­mpmuseum. FOTO DAVID MOORE 9. Leonie en haar stapgroep op die Sungazer Camino naby Fouriesbur­g.
 ??  ?? 7
7
 ??  ?? 8
8
 ?? FOTO GETTY IMAGES/GALLO IMAGES ?? 10. Gerrie Pretorius saam met die Khoi in die Kalahari, Botswana. 11. Lekker op die pad tydens die Pelgrimsto­g van Hoop, hier op Rotaryweg by Hermanus. 12. Die Vallei van Verlatenhe­id in die Kamdeboo Nasionale Park.
FOTO GETTY IMAGES/GALLO IMAGES 10. Gerrie Pretorius saam met die Khoi in die Kalahari, Botswana. 11. Lekker op die pad tydens die Pelgrimsto­g van Hoop, hier op Rotaryweg by Hermanus. 12. Die Vallei van Verlatenhe­id in die Kamdeboo Nasionale Park.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa