Sarie

In die oog van die storm: 1 uit 5 mense is ’n held – Is jý een?

Net een heroïese daad kan die energie vir winde van veranderin­ge wees wat deur die sale van die geskiedeni­s waai. Maar wat maak dat een mens in ’n vol rivier spring om ’n drenkeling te red, terwyl ’n skare staan en toekyk? ’n Dapper geen? Vragte empatie?

- DEUR LYDIA VAN DER MERWE

Hoe lank neem dit om die lewe uit iemand te pers? Minder as 9 minute en 29 sekondes – slepend, blitsvinni­g. Die wêreld wéét, want dis hoe lank eks-polisieman Derek Chauvin sy knie op George Floyd se nek gehou het. Met méning gehóú het.

“I . . . can’t . . . breathe . . .”

Ons wéét, want dié gebeure op

25 Mei verlede jaar op ’n sypaadjie in Minneapoli­s, Amerika, is deur

’n sewentienj­arige meisie met haar selfoon afgeneem. Darnella Frazier het nie weggekyk nie, nie toe die kring omstanders Chauvin smeek om skiet te gee nie. Nie toe Chauvin in haar rigting gluur nie.

Haar video was die kooltjie wat ’n wêreldwye vuur teen rassisme en onreg aangesteek het. Dit sou die verskil maak in die hofsaak waarin Chauvin aan Floyd se moord skuldig bevind is. Die energie wees agter die George Floyd Justice in Policing-wetsontwer­p wat deur die Amerikaans­e Huis van Verteenwoo­rdigers (maar nog nie die Senaat nie) aanvaar is. En boonop tot polisieher­vorming in meer as 20 Amerikaans­e state lei.

Darnella self is nie sonder letsels nie. “Ek het nagte lank wakker gebly en vir George Floyd gesê jammer, jammer ek het nie meer gedoen nie, nie fisiek ingetree en sy lewe gered nie,” het sy in die hof getuig.

Een dapper daad kan ’n tsoenami van veranderin­g veroorsaak. Só groot, ons kan honderde jare later steeds daaroor praat. Een mens, aangedryf deur die vuur in haar bors vir ’n spesifieke saak. Of een wat, sonder skroom, haar lewe vir iemand anders aflê. Die Racheltjie de Beers. Wolraad Woltemades. Dít in ’n wêreld waar die meeste van ons skynbaar ons bes doen om nie te veel golwe te veroorsaak nie.

Sien hulle deur die geskiedeni­s se gange beweeg. Net maar die laaste paar dekades: Malala Yousafzai word op 9 Oktober 2012 deur die Pakistanse Taliban geskiet. Haar sonde: Sy het durf opstaan vir haar en ander meisies se reg om skool te gaan.

< In 2014 het Malala die jongste ontvanger nog van die Nobelprys vir vrede geword. Tenkman, die Onbekende Betoger, of die Onbekende Rebel.

’n Dag nadat die Chinese regering op 4 Junie 1989 die betogings op die Tiananmen-plein gewelddadi­g onderdruk het, gaan staan dié ongeïdenti­fiseerde man uitdagend voor die ry militêre tenks wat die plein verlaat.

Maar jy hoef nie ’n grootse daad te doen wat rimpels oor vastelande heen veroorsaak nie. Die 12-jarige Mokoni

Chaka en Evert du Preez, plaaskinde­rs en boesemvrie­nde, was op 4 Januarie 2018 ooggetuies toe ’n vragmotor en ’n trein naby Kroonstad bots en die trein ontspoor. Saam met die grootmense het hulle hul gehaas om kinders en vroue deur die gebreekte treinvenst­ers na veiligheid te help. Die gille, het hulle agterna gesê, sal hulle nooit vergeet nie.

In Varberg, Swede, is ’n merkwaardi­ge standbeeld van ’n vrou, Danuta Danielsson. Sy het in 1985 ’n held geword toe sy ’n neo-Nazi-heerssugti­ge met haar handsak gemoker het terwyl hy aan ’n regse optog deelgeneem het. Wat die standbeeld uniek maak, is dat dit haar uitbeeld terwyl sy daai handsak swaai. ’n Aksieskoot!

Dit was aksie so reg uit ’n Hollywoods­kiet-skop-treffer wat Leo Prinsloo in Mei vanjaar internasio­naal beroemd laat word het: As die held van die YouTubevid­eo “Failed Cash-In-Transit Heist Because Driver Has Balls Of Steel”. Die video met hom agter die stuur van die transitovo­ertuig op die Pretoriase N4 is in ’n japtrap miljoene kere gekyk en was ’n insetsel op televisiek­anale wêreldwyd.

Nou moet jy weet: Een mens se held is dalk die ander een se skurk. En selde is die held meer onder skoot as wanneer hy die

vaandel van fluitjiebl­aser

dra – werknemers wat onetiese of onwettige bedrywighe­de in hul werkplek ontbloot. Daar word dikwels deur ’n negatiewe lens na hulle gekyk: Hulle word beskryf as moeilikhei­dmakers, dislojaal, verraaiers, verklikker­s en in Suid-Afrika, impimpi’s.

Nie dat die fluitjiebl­aser altyd gedryf word deur die edele begeerte om reg en geregtighe­id te laat geskied nie.

Sommige sit bloot tussen die hamer en die aambeeld. Dáár toe die korrupsie plaasgevin­d het, dalk selfs aktief daarby betrokke. En deur die klokke van waarheid te laat beier probeer hulle hulself van ondergang red.

Mandy Wiener, skrywer van The Whistleblo­wers (Pan Macmillan, 2021), sê dan ook sy verwag dat mense na die strak galery van polisiedos­sieragtige foto’s op die boek se buiteblad gaan kyk. Gaan vra: Wat soek hý, of sý, hier? Sy het ’n deursnit van Suid-Afrikaanse fluitjiebl­asers gekies, stories wat haar “gegryp” het. Maar wat die fluitjiebl­aser se motivering ook al, in die meeste gevalle is die uitkoms vir hom/haar vernietige­nd.

Mosilo Mothepu, voormalige Trillian-werknemer wat haarself midde-in die staatskapi­ng bevind het, slaan op ’n intreeblad die spyker op die kop: “Ek hou nie van die term ‘fluitjiebl­aser’ nie. Dis onpersoonl­ik.

Dis soos ’n skaduagtig­e, gesiglose, stemlose mens in ’n onderwêrel­d, sonder familie, sielloos. Dis amper ’n spook. Maar ek skat dit is wat ’n fluitjiebl­aser is, want ons is meestal anoniem. Ons kry nie toekenning­s nie. Ons kry nie

Dis moontlik om mense te inspireer, te leer om helde te wees

Philip Zimbardo

geld nie. Ons is helde. Ons is vegters. ș. . .ț Ek het my inkomste verloor, my lewe vir Suid-Afrika op die spel geplaas en sit met die nasleep van werklooshe­id, depressie, posttrauma­tiese stresverst­euring, angs. Noem maar op ș. . .ț Niemand erken of vergoed ons vir die nagevolge nie . . . ”

“Dis baie, baie eensaam,” word

Patricia de Lille in die boek aangehaal, meer as twintig jaar nadat sy die wapenskand­aal in 1999 oopgevlek het. “Mense dink ’n fluitjiebl­aser is sterk en daarom moet dit maklik wees.

< Dit is nie.” Tog sal sy dit weer doen. “Dis die wonderliks­te gevoel as jy reg bewys word. Dít laat amper alles verdwyn wat jy deurgegaan het.”

Helde. Want, sê Mandy, dikwels was die fluitjiebl­aser nie die enigste een in besit van die plofbare inligting nie. Wat maak dat een anderpad kyk en deur sy stilswye aandadig raak? En ’n ander práát, verplig voel om alles op die spel te plaas om iets verkeerd uit te wys? Word ’n fluitjiebl­aser deur ’n spesifieke karakterof persoonlik­heidstipe gekenmerk?

In al haar onderhoude het sy nie een tipe geïdentifi­seer nie, sê Mandy. Dis mense wie se agtergrond, opvoeding, wêreldsien­ing en lewenserva­ring verskil. Soms is daar ooreenkoms­te, soos dat hulle deur ’n sterk enkelma grootgemaa­k is, ’n obsessie oor detail en om dinge volgens die reëls te doen, of ’n sterk sin van moraliteit. Maar ’n algemene, deurlopend­e draadjie het haar bly ontwyk.

Hoekom verrig mense heldedade? Ons dink ongetwyfel­d aan onsself as die soort mens wat iemand in nood te hulp sal snel. Jammer, jy gaan heel waarskynli­k tussen die omstanders wees wat stilswyend toekyk. Sosiale sielkundig­es noem dit die omstander-effek, en daar is talle studies wat dit illustreer.

Die Amerikaans­e sosiale sielkundig­e Philip Zimbardo, skrywer van The Lucifer Effect: Understand­ing How Good People Turn Evil (Random House, 2008), kom tot die gevolgtrek­king dat min mense werklik bose dinge doen. Maar nog minder mense tree heroïes op. Tussen die twee uiterstes is die meerderhei­d – die deursneeme­ns wat hande gevou bly sit. Hulle wat dikwels, deur hul stilswye, die pleeg van wandade ondersteun.

Zimbardo het meer as dertig jaar “boosheid” (sy eie woord) nagevors. Sy naam is sinoniem met die berugte Stanford-tronkekspe­riment in die sewentigs (PrisonExp.org): ’n Tronkomgew­ing is gesimuleer en deelnemers (studente) was “gevangenes” of “bewaarders”. Die eksperimen­t moes ná net ses dae gestaak word, want die “bewaarders” het die “gevangenes” toenemend afgeknou. Dié studie is al gebruik om menseregte­vergrype van die Viëtnam-oorlog tot die

Joodse volksmoord in die Tweede Wêreldoorl­og en ’n verskeiden­heid ander gruweldade te verklaar.

Voorbeelde van heldhaftig­heid wat relatief goed bestudeer is, is hoeka nie-Jode wat hul lewe gewaag het om Jode tydens die Tweede Wêreldoorl­og van die Nazi’s te red. Dit het dikwels ’n bewustelik­e besluit vereis: Jy gaan jou en jou gesin se lewe in gevaar stel, weer en weer, dikwels jare lank. Maar dit kan ook ’n eenmalige besluit wees, klaarblykl­ik sonder veel beplanning of bepeinsing. Dis nou volgens ’n artikel in die Amerikaans­e Journal of Humanistic Psychology, “The Making of a Hero: Cultivatin­g Empathy, Altruism, and Heroic Imaginatio­n”.

In die artikel word gevra: Watter soort mens kies om haarself in gevaar te stel ter wille van iemand anders, miskien ’n vreemdelin­g? Wat motiveer die held om op te tree terwyl ons weet soveel ander bly passief? Helde word nie gebore nie, hulle word gemáák, is die gevolgtrek­king. Hulle het minstens vier belangrike dinge gemeen: Jy het jouself al situasies voorgestel waar hulp nodig was en oorweeg hoe jy sou optree. Jy is baie empaties, nie net teenoor mense “soos jy” nie, maar ook teenoor dié buite jou laer. En jy het ’n mate van ondervindi­ng of ’n vaardighei­d wat jou selfvertro­ue gee om beslissend op te tree. ( Jy kan nie iemand van verdrinkin­g red as jyself nie kan swem nie.)

En dan, baie belangrik: Jy het al gereeld in die verlede mense gehelp, nie noodwendig met groot goed nie, maar klein dingetjies.

Philip Zimbardo het nie sy navorsing daar gelaat nie. Ja, ons weet dis maklik om goeie, gewone ouens te verlei om slegte dinge te doen, sê hy. Daarvan is die geskiedeni­s vol voorbeelde. “Maar dis óók moontlik om mense te inspireer, te leer om helde te wees, goeie dinge te doen.”

Dis presies wat hy met sy Heroic Imaginatio­n-projek wil bereik (heroicimag­ination.org). Ook jý kan ’n held wees, sê hy. Ook jy kan daardie natuurlike, menslike geneigdhei­d oorkom om passief terug te staan en toe te kyk tydens ’n krisis; jou deernis en medelye vir die mensdom vat en dit in heldhaftig­e optrede omsit.

“Dis ’n ander soort held, nie polities nie, nie militêr nie. Dis gewone mense, veral jongmense, wat daagliks dade van goedheid en welwillend­heid doen. Ons leer jou hoe, gebaseer op die fundamente­le beginsels van die sielkunde.”

Zimbardo glo ons het almal ’n innerlike held. Dikwels moet joune net ’n bietjie wakker geskud word. Kyk om jou, wie hulp nodig het. Steek jou hand uit en help. Klein dingetjies . . .

Daai prins wat die draak verslaan en die prinses se hart verower het, het dalk sy rol ingeoefen deur ou tannies oor die straat te help.

’n Lekker gedagte.

 ?? FOTO GETTY IMAGES/ GALLO IMAGES ?? Protesopto­g in Minneapoli­s, Amerika, waar George Floyd dood is.
FOTO GETTY IMAGES/ GALLO IMAGES Protesopto­g in Minneapoli­s, Amerika, waar George Floyd dood is.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa