Sarie

ONS LEWE Cato Bekker: ‘Vrede maak is die moeite werd’

- – Suanné Mulder

Ons het oor min beheer, só het die ontwrigtin­g van die afgelope jaar ons geleer. Iets wat Cato Bekker, aanbieder en vervaardig­er van die kykNET-werklikhei­dsreeks

Die Uitnodigin­g, ter harte neem. “Daar is net een ding waaroor ek werklik beheer het – en dit is myself. Ek kan nie bepaal hoe mense my hanteer nie, maar met ’n bietjie oefening wel hoe ek daarop reageer.”

Die Uitnodigin­g is juis ’n platform vir dít waaroor ons in ’n mate beheer het, die herstel van ’n gebroke verhouding. “Verhouding­s is kompleks. Mense maak foute, wat verskoning­s verg. Soms voel ons ons is reg – of ten minste meer reg as die ander party. Maar iets baie spesiaals gebeur as iemand vir ’n ander persoon jammer sê.” Vrede maak is dalk moeilik, maar die moeite werd. “Versoening is universeel, deur ons eie ervarings te deel bind dit ons in ’n wêreld wat ons soms geïsoleerd laat voel.”

 ?? FOTO ANKE LOOTS ?? * Die tweede seisoen van Die Uitnodigin­g begin 22 Julie om 21:00 op kykNET. Lees ook die artikel oor eensaamhei­d op bl. 140.
FOTO ANKE LOOTS * Die tweede seisoen van Die Uitnodigin­g begin 22 Julie om 21:00 op kykNET. Lees ook die artikel oor eensaamhei­d op bl. 140.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa