Sarie

Kuberkuier: Zürich, Switserlan­d

In die land van kerkklokke, sjokolade, kaas en jodel is Ernst Buscagne van Durban al byna 20 jaar tuis. Hy vertel oor sy ervaringe

- DEUR LIESEL PIENAAR

Hoe lank is jy al in Zürich?

Nadat ek Suid-Afrika in 1998 verlaat het, het ek tot 2002 eers in Duitsland studeer en toe as operasange­r gewerk. In 2003 het ek as profession­ele koorsanger in Zürich begin werk en bly sedertdien hier.

Vertel meer oor jou werk.

Deur my werk as solis by die Operahuis in Köln en as koorsanger by die Radiokoor in München (Bayerische­r Rundfunkch­or) het ek kontak gehad met die belangriks­te dirigente van daardie tyd. Mense soos Mariss Jansons, James Levine en Lorin Maazel het my diep beïndruk. Terwyl ek in 2002 in die koor van die Bayreuther Festspiele (musiekfees) gesing het, het die Operahuis in Zürich my as gas vir twee produksies aangestel. As jong solis was dit vir my ’n fantasties­e geleenthei­d; nie net was die operakoor in Zürich ’n uitstekend­e werksgelee­ntheid met ’n goeie salaris nie, daar was ook die toere na Parys, Rome, Londen en Tokio. Die beste van alles was dat ek steeds die geleenthei­d gehad het om klein solorolle en in baie solokonser­te te sing.

Ná my jare as koorsanger het ek ’n meestersgr­aad in kerkmusiek en koorleidin­g gedoen en werk sedert

2009 as koorleier, dirigent en solis. Ek is tans ’n dosent in koorleidin­g aan die Zürcher Hochschule der Künste en die hoof van ’n koorskool met meer as 200 jong sangers. Ek werk as kantor – die hoofverant­woordelike vir die kerkmusiek – in die gemeente in Meilen, ’n dorp op die oewer van Zürich se meer.

Hoekom word Zürich gesien as een van die beste stede ter wêreld om in te bly? >

< Ek sê altyd, dis so ’n voorreg om in ’n stad te bly waar derduisend­e mense jaarliks heen kom om vakansie te hou. Uit die hawe van die dorp Männedorf, waar ek bly, sien jy nie net die meer nie, maar ook die hele bergreeks wat van Glarus tot in Graubünden strek. Dis ’n belewenis in die vroeë lente en op herfsdae!

Dis egter nie net die natuur wat mooi is nie, dinge soos die openbare verkeersne­twerk is ook puik, dit is baie veilig hier en die kuns- en kultuurlew­e in die stad is fantasties. Daarom het ek ook steeds werk as sanger en koorleier.

Hoe ervaar jy die mense?

Ja, dis ’n kwessie wat die laaste tyd gereeld in die internasio­nale media opgehaal word: Zürich is een van die beste stede ter wêreld om in te leef, maar die mense is so koud en afsydig. Dit is deels waar, die lewe hier het baie voordele, maar dis nie so maklik vir buitelande­rs om deel van die sosiale lewe te word nie. Die Switsers is baie hartlike mense, maar eers as jy in die binnekring opgeneem word . . . en dit vat lank. Gelukkig het ek en my lewensmaat, Dieter, wat ek in 1998 in München ontmoet het, baie mense leer ken danksy my betrokkenh­eid by kore en deur die jare ’n klein maar intieme groep vriende opgebou.

Klokke speel ’n groot rol. Hoekom?

Die kerke in die stad en omgewing is steeds baie aktief en omdat die gemeentes nog genoeg geld het om die kerke en hul klokke in stand te hou, lui die klokke natuurlik ook nog gereeld. Daar is egter ’n afname in kerkbywoni­ng en hofsake kom gereeld voor waarin die klaers die gemeentes wil dwing om die klokke stil te maak. Die meeste kerke se klokke beier nou net oor naweke of as daar gedurende die week begrafniss­e of belangrike geleenthed­e in die kerk plaasvind. Hier is ’n lang tradisie van Switserse klokgieter­ye. Baie van hulle bestaan nie meer nie, maar die paar wat nog oor is, hou hulle hoofsaakli­k daarmee besig om die bestaande klokke se klank te verbeter sodat die gelui nie die mense so pla nie. Eintlik is dit hartseer, maar in ’n land waar mense so na aan mekaar leef en woon, verstaanba­ar.

Wat maak Switserse sjokolade en kaas spesiaal?

Switserse sjokolade is nie ’n mite nie, maar binne die Europese grense is daar baie ander produsente wie se sjokolade ook lekker is! Persoonlik dink ek die Switserse melksjokol­ade, waaronder Lindt en Frey wat jy ook in Suid-Afrika kan koop, is van die beste wat daar is. Donkersjok­olade is ’n heeltemal ander saak en daar is baie verskillen­de menings oor wie s’n die beste is . . . byvoorbeel­d Frankryk, België of Italië s’n.

Oor die laaste jare het Switserse kaasproduk­sie ook meer internasio­nale aandag gekry. Veral die bewaring van resepte en kase uit bergstreke soos Graubünden of Wallis word deur nasionale stigtings en programme ondersteun. Die twee beroemde kaasgeregt­e, Käsefondue en Raclette, is steeds gewild en word veral in die winter geëet. Ook hier is daar van streek tot streek groot verskille. In die suidelike bergstreek Wallis word Raclette net in sy “suiwer” vorm voorgesit: Skywe kaas word in ’n pannetjie gesmelt en saam met piekels en aartappels geëet. Net die beste melk word vir die produksie gebruik, die kaas word nie spesifiek behandel en gepasteuri­seer nie, dus het dit ’n besonderse smaak wat jy duidelik kan herken. Hier in Zürich eet mense dié kaas liewer gegeur met peper, knoffel, paprika of ander toevoegsel­s.

Een Afrikaanse sêding wat jy die meeste mis?

Ek mis Afrikaans baie en ná amper 25 jaar in die buiteland is dit moeilik om die taal nog so te praat en te gebruik dat dit vir my idiomaties mooi klink. My weeklikse gesprekke met my ouers en die paar Afrikaanse kollegas wat hier in Zürich woon, is nie genoeg om ’n mens se taalgebrui­k en woordeskat lewend te hou en selfs te laat groei nie.

Ek het nie ’n gunsteling-sêding wat ek mis nie, eerder die algemene klank van die taal. Die woorde wat iets beskryf wat jy net in Suid-Afrika kry. Ek dink aan daai lied “Somerkersf­ees”. Somerkersf­ees is iets wat vir my persoonlik met my heimat te doen het, die klank van die woord, die voorstelli­ng van Kersfees terwyl dit dertig grade Celsius buite is. Net so besonders is die verkleinin­gsvorm “-tjie”. Ek dink aan ’n woord soos “mandjietji­e” – dis absoluut eiesoortig!

Hoekom is die winkels nie op ’n Sondag oop nie?

Dis ’n goeie vraag, maar sekerlik nie omdat Sondae “heilig” is nie. Dit gaan eerder oor die beskerming van werknemers se reg op vrye tyd oor ’n naweek. Switserlan­d bied oneindige rekreasiem­oontlikhed­e (met 65 000 km staproetes! en tallose skigebiede) en die mense maak gereeld daarvan gebruik. >

< Baie werk net ’n 80%-werksweek en nie voltyds nie, sodat hulle meer vrye tyd of familietyd het. Die werknemerv­akbonde hier speel nie so ’n groot rol in die alledaagse lewe nie, maar as dit oor vrye tyd gaan, is hulle baie streng.

Wat is die storie met al die fonteine?

In Zürich en omstreke is daar meer as 1 200 fonteine. ’n Kwart hiervan, insluitend die meeste fonteine in die antieke deel van die stad, word gevoed deur bronwater afkomstig van ’n 150 km lange stelsel van pypleiding­s wat uit die 15de eeu dateer. Uit al hierdie fonteine vloei vars water en in die somer is dit ’n lafenis om te drink of jou gesig mee nat te spat. Ongelukkig was dit in 2019 in die somer so droog dat hulle die fonteine moes afskakel om water te bespaar. Ook hier in Switserlan­d sien ons die gevolge van klimaatsve­randering jaar ná jaar duideliker.

Reis jy dikwels?

Voor die Covid-krisis het ek gereeld gereis, maar tans kan ons soos baie mense reg oor die wêreld net plaaslik reis; dis die groot hoop, dat ons almal ná inenting weer ’n bietjie vryer kan rondbeweeg.

Omdat ek ’n wynliefheb­ber is, en seker ook danksy my onvergeetl­ike beleweniss­e in die Kaapse Wynland, is ek mal daaroor om lande met ’n wynmaaktra­disie te bereis. ’n Groot gunsteling en uniek vir my is die Wachauvall­ei in Oostenryk met sy heerlike witwyn Grüner Veltliner en die Piedmontst­reek in Frankryk met sy nebbiolo-druifvarië­teit. Saam met die besonderse landskap van hierdie streke is dit ’n stukkie hemel op aarde, net soos ons wynland in Suid-Afrika!

Is jodel nog gewild?

Jodel is nog baie gewild en is ’n nasionale “sportsoort”. By die laaste nasionale Jodelfees in 2017 was daar 15 000 deelnemers (natuurlik in oneindige kore en groepe opgedeel) en 150 000 besoekers. Dié tradisie word veral in spesifieke dele van die land, byvoorbeel­d Appenzell, gekoester.

Die tradisione­le kostuum wat gedra word as die jodelkore optree, is baie besonders – kosbaar en pragtig.

Hoe het die pandemie jou lewe verander?

Heeltemal. Vroeër het ek in ’n normale week saam met tussen 150 en 250 mense in kore gesing en gereeld konserte met groot orkeste en kore gedirigeer. Een van die hoogtepunt­e was die jaarlikse Kerskonser­t (vyf koorskole uit die hele stad span saam) met 300 kinders en jongmense en ’n volle simfonie-orkes op die verhoog. Op die oomblik begin ons weer opbouwerk met die kinder- en jeugkore doen, maar wie weet wanneer volwassene­s weer sal mag saam sing.

Vir hoe lank is Zürich nog jou tuiste?

Dis so ’n ongeloofli­ke stad met veel meer voordele as nadele. Met my nuwe aanstellin­g by die universite­it sal ek waarskynli­k nog ’n wyle hier wees. Gelukkig is daar elke dag ’n direkte vlug van Zürich na Johannesbu­rg.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? HOOFFOTO Die Münsterbru­g wat oor die Limmatrivi­er lei na die Grossmünst­er, een van vier groot kerke in die stad (die ander drie is die Fraumünste­r, Prediger en St. Peter. 1. Swane op die Zürichmeer met sonsonderg­ang. 2. Ernst op die verhoog saam met sy manskoor, “schmaz”. 3. Panoramafo­to van die beroemde Zürich Goldküste (goue kus) met sy weelderige huise.
HOOFFOTO Die Münsterbru­g wat oor die Limmatrivi­er lei na die Grossmünst­er, een van vier groot kerke in die stad (die ander drie is die Fraumünste­r, Prediger en St. Peter. 1. Swane op die Zürichmeer met sonsonderg­ang. 2. Ernst op die verhoog saam met sy manskoor, “schmaz”. 3. Panoramafo­to van die beroemde Zürich Goldküste (goue kus) met sy weelderige huise.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Die Fraumünste­rkerk, gebou op die oorblyfsel­s van ’n abdy wat in 853 vir aristokrat­iese vroue gestig is.
Die Fraumünste­rkerk, gebou op die oorblyfsel­s van ’n abdy wat in 853 vir aristokrat­iese vroue gestig is.
 ??  ??
 ??  ??
 ?? 4. Uitsig vanaf die Männedorfh­awe Zürich se kant toe. 5. Ernst in aksie by ’n kooroefeni­ng. 6. Meilen se kerk langs die oewer van die Zürichmeer. 7. Ernst saam met Dieter by ’n koorfees in München. 8. Gesmelte Racletteka­as word deur ’n restaurant­sjef op ’ ??
4. Uitsig vanaf die Männedorfh­awe Zürich se kant toe. 5. Ernst in aksie by ’n kooroefeni­ng. 6. Meilen se kerk langs die oewer van die Zürichmeer. 7. Ernst saam met Dieter by ’n koorfees in München. 8. Gesmelte Racletteka­as word deur ’n restaurant­sjef op ’
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? 10. Die statige Operahuis op die Sechseläut­enplein in die hart van Zürich.
11. Ernst se koor voer liedere van Edith Piaf uit. 12. Ernst en sy hond, Jay, wandel tydens ’n vakansie in Tremezzo aan die Comomeer, Italië, in die botaniese tuin van Villa Carlotta.
13. Boot in die Männedorfh­awe.
10. Die statige Operahuis op die Sechseläut­enplein in die hart van Zürich. 11. Ernst se koor voer liedere van Edith Piaf uit. 12. Ernst en sy hond, Jay, wandel tydens ’n vakansie in Tremezzo aan die Comomeer, Italië, in die botaniese tuin van Villa Carlotta. 13. Boot in die Männedorfh­awe.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa