Sarie

In die oog van die storm: brandslane­rs, stryders teen stropery

Twee groepe vroue durf die veld aan waar die manne tradisione­el koning kraai. Die Juliet Crew takel veldbrande in die groter Kaapstadom­gewing met meestal skoffelhar­ke en ‘plakkers’. En in Limpopo bekruip die Swartmamba­s stropers . . . met pepersproe­i

- DEUR LYDIA VAN DER MERWE

Doop van vuur

Uit die rook en roet van die Tafelberg-inferno het die Juliet Crew gestap – en ons verbeeldin­g aangegryp

Rook, oral rook, jy kan byna nie die vlamme sien nie. Die roet kom in jou oë, waar ook al dit ’n gleufie of gaatjie in jou beskermend­e klere kry. Dit jeuk, brand. Jy kan dit daarna aan jouself ruik, jy stink. En die hitte, dis soos ’n gloed.

Op 18 April vanjaar het ’n verterende vlammesee in en rondom die Tafelberg Nasionale Park mens en dier bedreig. En uit die rook, as en puin het ’n nuwe groepie helde gestap. Die Juliet Crew, Suid-Afrika se eerste brandbestr­ydingspan met slegs vroue. Juliet, die enigste vrouenaam in Navo se fonetiese alfabet.

Álmal is helde wat die inferno onder beheer help bring het, beklemtoon Dean Ferreira, besturende direkteur van die omgewingsb­ewaringorg­anisasie NCC Environmen­tal Services, wie se idee só ’n vrouespan was. Tog is dit hierdie jong vroue uit voorheen benadeelde gebiede rondom Kaapstad wat mense se verbeeldin­g aangegryp het.

Klik. Buhle Tebekwana, ’n deeltydse model wat sê sy het ’n “passie” vir brandbestr­yding. “Dit het my lewe verander. Ek kan nou my skuld afbetaal en vir my gesin sorg.” Klik. Sharné Maritz, petite, haar uniform ontwerp met ’n man in gedagte en ’n bietjie groot.

Maar fiks, hoor. Klik. Kaylin Davidson se familie het aanvanklik nie verstaan wat die werk behels nie. “Nou, nadat hulle gehoor het wat ons alles moet trotseer, gons my selfoon van die boodskappe telkens as daar ’n brand is: ‘Kom veilig terug.’ ‘Kyk mooi na jouself.’ ” Klik, klik, klik. Elkeen van die tien vroue het ’n storie, maar as hulle voor daardie vuurpoel te staan kom, vorm hulle ’n eenheid. Jy is nooit alleen nie, deel van ’n span. En daarin lê jou veiligheid.

Charl Steenkamp, NCC se handelsmer­kbestuurde­r, het hul vordering met foto’s gedokument­eer. “Ek onthou hul eerste wegholveld­brand.” Soos ’n trotse ouboet. “In Januarie 2020 het hulle in Kommetjie ’n klein brand help blus. Ek het foto’s geneem en ons het gesels. Daar was ook ’n groot veldbrand by Noordhoek. Ons kon dit sien, die helikopter­s wat water gooi. Skaars ’n uur later word al die spanne soontoe geroep.

“Hulle was gespanne, die tjoppers vlieg, gooi water en as dit jou tref, is jy sopnat. Jy probeer uit die pad daarvan beweeg, jy kan seerkry. Jy word geleer hoe om te staan (of hurk) as daai water reg van bo op jou val. Maar jy probeer dit vermy.

“Die emosies was gemeng, hulle >

< weet nie wat om te verwag, wat voorlê nie. Toe skop hul opleiding, kameraadsk­ap in.” Charl het gesien hoe hul selfvertro­ue in ’n kort tydjie toeneem. Van so skaam, hulle kan jou skaars in die oë kyk.

Interessan­t: Hulle gebruik meestal nie water nie. Slaan voet oor berg en dal met toerusting wat sowat 15 kg weeg. Uithou, aanhou. Die helikopter­s blus die brand en hulle kom agterna met handwerktu­ie, sny die suurstof af sodat die brand nie weer opvlam nie. Met skoffelhar­ke (rakehoes) en “plakkers” (beaters of flappers), iets soos ’n besemstok met rubberving­ers.

Dean veg om die span lewensvatb­aar te maak. Sy oogmerk: Nie mans- en vrouespann­e nie. Maar uiteindeli­k een span. Hulle het genoeg ervaring om skouer aan skouer saam met die manne brand te slaan. Maar ’n gebrek aan die regte toerusting hou hulle terug. Só moes Kylie Paul, die superinten­dent, drie jaar lank met ’n nommer 6-stewel sien en kom klaar, toe ’n nommer 5. En uiteindeli­k, haar grootte, ’n nommer 4. In die proses het sy albei haksenings verrek.

“Beweeglikh­eid is belangrik. ’n Uniform wat goed pas, help dat ons ons werk meer doeltreffe­nd kan doen. Soms moet ons ook vinnig uit ’n gevaarlike situasie kom, deur digte bosse en rook beweeg,” sê sy.

Hoewel hul salaris deur die NCC betaal word, maak hulle op skenkings en borgskappe staat vir toerusting, uniforms en voertuie. Hulle benodig ook dringend ’n basis van hul eie, ’n “huis” weg van die huis. Dis nie ’n 9-5-werk dié nie, hulle werk skofte, 24/7. Hulle kan nie vroualleen alle ure van die dag en nag met swaar toerusting na hul eie huise toe worstel nie. NCC se Vergelegen-basis op Somerset-Wes, met kwartiere vir die mans, bied ’n tydelike uitkoms.

Kyk na hul breë glimlagte op Facebook (@NCCEnviron) en Instagram (@julietcrew) ná die Tafelberg-brand.* “Om dan nog te glimlag . . .” sê Charl. En hoor vir Kaylin: “Ons is sterk, pragtige vroue wat verdien om ons drome na te jaag.” Sela.

KONTAK: 021 702 2884, ncc-group.co.za

 ??  ??
 ??  ?? 2
2
 ??  ?? 1
1
 ??  ?? 3
3
 ??  ??
 ??  ?? HOOFFOTO Die Juliet Crew besig om die Noordhoek-brand in Januarie 2020 te help blus. 1. Buhle Tebekwana tydens die Tafelberg-brand in April vanjaar. 2. Die Juliet Crew by die Noordhoek-brand. 3. Kaylin Davidson neem ’n blaaskans teen Tafelberg. 4. Die brand by Noordhoek is so te sê geblus. 5. Sharné Maritz. 6. Die huidige Juliet Crew (van links, agter): Tarren-Lynn January, Buhle Tebekwana, Anathi Galada, Vuyiseka Arendse, Sharné Maritz en Yanga Yoywana. Voor: Thozama Matabata, Kylie Paul, Zimasa Khana en Kaylin Davidson.
6
HOOFFOTO Die Juliet Crew besig om die Noordhoek-brand in Januarie 2020 te help blus. 1. Buhle Tebekwana tydens die Tafelberg-brand in April vanjaar. 2. Die Juliet Crew by die Noordhoek-brand. 3. Kaylin Davidson neem ’n blaaskans teen Tafelberg. 4. Die brand by Noordhoek is so te sê geblus. 5. Sharné Maritz. 6. Die huidige Juliet Crew (van links, agter): Tarren-Lynn January, Buhle Tebekwana, Anathi Galada, Vuyiseka Arendse, Sharné Maritz en Yanga Yoywana. Voor: Thozama Matabata, Kylie Paul, Zimasa Khana en Kaylin Davidson. 6
 ??  ?? 4
4
 ?? FOTO’S CHARL STEENKAMP ?? 5
FOTO’S CHARL STEENKAMP 5

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa