Sarie

KOOP ’N STUKKIE Karoo

-

Ons Karoo, Deon Meyer en Coenie de Villiers se tweede boek oor die

Karoo, is pas uitgereik in samewerkin­g met die Atterbury-trust. Dit bevat Deon se wonderlike stories uit hul Karoo Suiteprodu­ksies, pragtige foto’s, inligting oor die sterrenag, die landskap en selfs Karoo-resepte, soos Jan Hendrik van der Westhuizen se skaapstert­jies en mieliepapv­ingers. Elke boek in die beperkte oplaag is genommer en geteken deur Deon en Coenie, met ’n verrassing binne. Dit is ten bate van die jongmense van die Karoo.

Die boek kos R1 000, posgeld ingesluit (bestel by atterburyt­rust.org). Daar is ook ’n standaardu­itgawe van R385, posgeld uitgesluit (bestel by info@karoosuite.co.za of besoek karoosuite.co.za vir meer inligting).

 ??  ?? Sarel van Staden en Maryna Cotton het die pragfoto’s in Ons Karoo geneem.
Sarel van Staden en Maryna Cotton het die pragfoto’s in Ons Karoo geneem.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa