Sarie

LIPSTIFFIE VIR ’N KONINGIN

-

Koningin Elizabeth word selde sonder haar handsak gesien. Oor die inhoud is nog net bespiegel, maar ons weet wel dit bevat ’n lipstiffie. Die koningin het nog nooit van ’n helderkleu­rige “lippy” weggeskram nie en wend dikwels nóg aan in die openbaar. Vir haar kroning in 1953 het sy ’n ryk rooi lipkleur van die skoonheids­huis Clarins gedra wat spesiaal vir haar geskep is. Sy hou glo veral van Elizabeth Arden se Beautiful Color-reeks. Terloops, sodra sy by ’n ete haar handsak op die tafel neersit, weet haar personeel die okkasie moet binne vyf minute klaarmaak. Bronne: The Telegraph, Hello!

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa