Sarie

MOEG GEZOOM . . .

-

Moeg ná ’n videoverga­dering? Daar’s dalk ook ’n evolusionê­re rede hoekom Zoom jou uitput. Navorsing deur die Stanford-universite­it wys as jy heeldag na gesigte op ’n skerm staar, kan dit lei tot ’n soortgelyk­e fisiologie­se reaksie as veg of vlug. Jou brein interprete­er die “groot gesig en oë wat staar” as te naby, ’n bedreiging . . . en die reaksie skop in.

WENK Verklein dit tot ’n derde van die skerm.

* Zoom-aandele het die afgelope jaar met meer as 171% gestyg.

Bronne: thestreet.com; Business Insider USA

* Lees ook “Van Zoom tot Botox” op bl. 42.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa