Sarie

HUIL JY OF HELP JY?

-

Ek lees die artikel “Huil jy? of help jy?” in SARIE se Mei/Junieuitga­we en besef empatie is mooi en nodig, mits dit gebalansee­rd is. Hipersensi­tief van geaardheid ervaar ek dat empatie soms ongesond en oordrewe kan wees. Dit sluk jou in en veroorsaak dat jy in die pyn en situasie van die ander persoon vasgevang word. Dit is oorweldige­nd, jou denke word oorheers en jy word later apaties.

Vroeg reeds met my kinders het ek ervaar dat ek te swaar dra aan hul teleurstel­lings en seer. Ek wou hulle beskerm, sonder die besef dat dit ’n nodige deel van hul ontwikkeli­ng is. Hul pyn word jou pyn, en jy wroeg dae lank om vir hulle oplossings te kry. Jy verontreg jouself en dis nie noodwendig tot hul voordeel nie. Versterk, bemagtig en ondersteun, maar nie ten koste van jouself nie. Jy het ook ’n verantwoor­delikheid teenoor die self.

Elmien, Sandbaai

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa