Sarie

LYNELLE KENNED

-

Aktrise, operasange­res en TV-aanbieder

Vir my was die jaar op elke vlak ’n uitdagende maar nodige reis na gestroopth­eid. Ek was in die diepste depressie en angs vasgevang en het my geestesges­ondheid begin prioritise­er, terapie hervat en myself vanuit daardie donkerte herbou. Ek moes myself van voor af leer ken, sonder my identiteit as kunstenaar. Boonop het ek ná 32 jaar weggestap van my homofobies­e grootwordj­are en die liefde en my queer identiteit omarm.

Daar is nog ’n pad om te stap, maar daar is nou hoop, liefde, kwesbaarhe­id, vergifnis, egtheid en medelye. Ek het ’n behoefte aan diepte en om in die oomblik te leef . . . Ek wil ’n verskil maak in die samelewing en plant reeds die saadjies. Die mooiste lê nog voor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa