INGRID JONES
Stigter en uitvoerende direkteur van Mikateko Media en Tussen onsaanbieder op kykNET & kie
Ek het besef hoe wyd my kreatiwiteit is. Ek het ’n boek saamgestel, genaamd The Lockdown Recipe Storytelling Book (Annake Müller Publishing, 2020), gebaseer op ’n Facebookblad wat ek begin het. Dit het ook gelei tot ons nuwe kwartaallikse kostydskrif, Koe’sister.
Volgende jaar bring ek ’n jasreeks uit, #mycurrentobsession. En daarna sal ek sien wat my volgende obsessie is!
Die jaar het my gewys ek is tot soveel meer in staat as wat ek gedink het. As jy iets geniet, luister na daai stemmetjie binne jou en dóén dit.