Sarie

LEANNE MANAS

-

Aanbieder van Morning Live op SABC2

Die begin van die inperking was eintlik wonderlik vir my – dit was die eerste keer wat ek werklik ononderbro­ke tyd saam met my man en twee kinders kon deurbring.

Toe die skole en werk begin normalisee­r, het ek meer tyd vir myself gehad. Ek het geleer om my eie geselskap te geniet en om meer om te sien na my geestes- en fisieke gesondheid. Voorheen was ek eenvoudig te besig om na te dink oor wie ek as mens geword het deur die jare.

Dis ’n geskenk aan jouself om daardie eietyd te hê. Dis iets waarvoor ek vorentoe wil tyd máák.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa