Sarie

LYK BETER sonder BEHANDELIN­GS

-

Devin Botes, ’n profession­ele fotograaf van Johannesbu­rg, gee dié wenke om beter te lyk op Zoom:

Maak seker jou kamera is op ooghoogte – jy kan jou skootreken­aar op ’n stapel boeke sit. “Dis nie net die vleiendste hoek nie, maar bevorder ook die gesprek en is meer natuurlik, eerder as wat jy op- of afkyk na mense.”

Kyk na jou ligbron toe, sodat dit direk op jou gesig skyn. Natuurlike lig van ’n venster is mooi gedurende die dag en maklik om te benut. Lig van agter kan die prentjie verdof en jou gesig selfs vervorm.

Sit sowat ’n armlengte weg van jou skerm se kamera. As jy te naby sit, word elke merkie sigbaar. Die afstand laat die lig ook toe om mooi op jou gesig te val – anders blok jou skerm dit.

As jy kunsmatige lig gebruik, kies koel, wit gloeilampe

eerder as warm lig, dit verlig gesigte beter. Maar moenie té naby aan die lig sit nie, eerder so een tot twee meter weg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa