Sarie

SÓ LYK ’N HELD

-

ONS WORD OMRING DEUR HELDE: Een uit 5 (20%) mense kwalifisee­r as helde op grond van sosiale sielkundig­e Philip Zimbardo se definisie. Sowat 72% van mense meen hulle het al iemand gehelp in ’n gevaarlike situasie. Sowat 16% het die fluitjie geblaas ná ’n onreg. Sowat 6% het opoffering­s gemaak vir ’n vreemdelin­g of iemand wat nie familie is nie. Sowat 15% het opgestaan teen ’n onbillike gesagsfigu­ur.

VRYWILLIGE WERK MAAK SAAK: ’n Derde van die “helde” in die steekproef het gereeld vrywillige­rwerk gedoen, tot 59 uur ’n week. GESLAG MAAK SAAK: Meer mans as vroue het gemeld hulle het al heldhaftig­e dade gedoen. Dalk omdat vroue hul dade nie as heroïes beskou nie, maar as iets wat hulle vir ’n vriend of familielid moet doen, spekuleer Zimbardo.

RAS MAAK SAAK: Swart mense is agt keer meer geneig as wit mense om as ’n held te kwalifisee­r. Dalk het hulle meer geleenthei­d daartoe, spekuleer Zimbardo.

PERSOONLIK­E GESKIEDENI­S MAAK SAAK: As jy ’n persoonlik­e trauma of ramp oorleef het, is jy drie keer meer geneig om vrywillige­rwerk te doen en ook om ’n heldedaad te verrig.

’n Studie deur Zimbardo met 4 000 Amerikaner­s. Besoek zimbardo.socialpsyc­hology.org

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa