Sarie

ABSTRAKTE PARFUUM

-

Die parfumeur wat Coco se visie lewe gegee het, was Ernest Beaux, ’n chemikus wat voorheen parfuums vir die Russiese tsarinas geskep het. Hy het sy inspirasie vir Chanel No. 5 geput uit die Noordpools­irkel waar die mere en riviere ’n unieke vars geur afgee. Om dit na te boots het hy kosbare natuurlike blomnote soos jasmyn, meiroos, ilang-ilang en lemoenbloe­isel gekombinee­r met ’n oorvloed aldehiede – sintetiese stowwe wat ’n parfuum verryk, byna soos wat suurlemoen die smaak van aarbeie beklemtoon. Aldehiede maak ook ’n parfuum meer kompleks. So het ’n abstrakte parfuum ontstaan wat die chemie van geure op sy kop gekeer het. ’n Geur wat ruik na vroulike blomme sonder dat ’n enkele een uitstaan, en tegelyk ook skoon, eenvoudig en klassiek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa