Sarie

3 vrae aan Chanel se meesterpar­fumeur, Olivier Polge, oor die huis se mees ikoniese skepping

-

1. Waaraan skryf jy Chanel

No. 5 se sukses toe? No. 5 het ontstaan vanuit ’n weelderige en misterieus­e samestelli­ng van blomme wat mekaar komplement­eer sonder dat ’n enkele een werklik herkenbaar is. Daarby was die manier waarop aldehiede gebruik is om die natuurlike bestanddel­e te aksentueer ongeloofli­k modern.

Ek glo die langdurigh­eid van

Chanel No. 5 kan toegeskryf word aan dié abstrakte eienskappe en die misterie rondom die note.

2. Wat sê No. 5 oor die vrou wat dit dra? Wat ons met geur uitdruk, kan nie in woorde omgesit word nie. No. 5 is ’n wonderlike kenmerk van jou persoonlik­heid. Vroulikhei­d, elegansie, verfyndhei­d, diepte en ’n element van misterie

is woorde wat by my opkom as ek aan die Chanel No. 5-vrou dink. 3. Hoe hou Chanel die geur

modern? Chanel No. 5 sal altyd modern bly. Tog laat nuwe interpreta­sies ons toe om No. 5 op nuwe maniere te gebruik. Omdat die identiteit van No. 5 so sterk is, is dit maklik om met variasies van die verskillen­de aspekte van die geur te speel.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa