Sarie

100 JAAR VAN

-

1921

Gabrielle “Coco” Chanel stel haar eerste fyngeur, Chanel No. 5 Parfum, bekend

1929

Slegs agt jaar nadat dit geskep is, word Chanel No. 5 die wêreld se topverkope­r-parfuum

1945

Ná die Tweede Wêreldoorl­og staan soldate in rye buite die Chanel-boetiek in Parys om ’n bottel Chanel No. 5 te koop as geskenk vir hul geliefde in hul tuisland

1954

Op 14 Junie verskyn die eerste Chanel No. 5-advertensi­e in Suid-Afrika in SARIE (toe nog Sarie Marais)

1985

Andy Warhol skep ’n reeks syskerm-drukwerke van die bottel getiteld “Ads: Chanel”

2008

Jacques Polge, meesterpar­fumeur van Chanel, herinterpr­eteer die oorspronkl­ike geur met die toevoeging van onder meer muskus in No. 5 Eau Première (regs bo)

2021

Die wêreld se bekendste parfuum vier sy 100ste bestaansja­ar!

1924

’n Ligter Eau de Toilettewe­ergawe, ook geskep deur Ernest Beaux, sien die lig en No. 5 begin internasio­nale aanhang kry, veral in Amerika

1937

’n Foto van Coco, afgeneem in haar woonstel in Parys, verskyn in ’n advertensi­e (regs middel) vir die modehuis en parfuum

1952

Toe ’n joernalis haar vra waarin sy slaap, verklap Marilyn Monroe (regs onder) dat sy slegs vyf druppels Chanel No. 5 bed toe dra

1959

Die simplistie­se wit-en-swart boks waarin Chanel No. 5 verpak word, word deel van ’n permanente versamelin­g in die Museum of Modern Art (MoMA) in New York

2004

Nicole Kidman bekoor as die gesig van die geur in die romantiese advertensi­efilm Chanel No. 5: The Film deur regisseur Baz Luhrmann

2016

Jacques Polge se seun, Olivier, volg hom op as Chanel-parfumeur en skep ’n varser weergawe genaamd Chanel No. 5 L’eau

 ??  ?? Marilyn Monroe
Marilyn Monroe
 ??  ?? BO Elke 30 ml-parfuumbot­tel bevat 1 000 jasmynblom­me en 12 meirose
BO Elke 30 ml-parfuumbot­tel bevat 1 000 jasmynblom­me en 12 meirose
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa