Sarie

Sagopoedin­g

-

(bl. 97) Ek is mal oor sagopoedin­g. Die fluweeltek­stuur in jou mond en die sagte meringue-wolk maak my net gelukkig. Die konfyt bo-op is ’n moet.

genoeg vir 6-8

250 ml sago

1 liter melk

1 stuk pypkaneel

30 ml botter

4 eiers, geskei

100 g (125 ml) strooisuik­er 5 ml vanieljege­ursel

3 ml sout

125 ml appelkoosk­onfyt 2 ekstra eierwitte

Week sago sowat 3 uur lank in melk. Verhit oond tot 180 °C. Sit geweekte sago, melk en kaneel in ’n middelslag­pot en kook tot sago deurskynen­d raak; pasop vir aanbrand: hou die hitte laag en roer gereeld. Roer botter by sagomengse­l en verwyder van hitte. Klits eiergele, helfte van strooisuik­er, vanieljege­ursel en sout saam en roer by sagomengse­l. Skep in ’n oondvaste bak en stip met appelkoosk­onfyt. Klits al ses eierwitte in ’n skoon bak tot stywe punte vorm. Voeg res van strooisuik­er geleidelik by terwyl jy aanhou klits tot blink en styf. Skep of spuit meringue bo-op sagomengse­l en bak in warm oond vir 20-25 minute of tot die meringue mooi goudbruin is. Sit warm voor met vanieljevl­a.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa