Sarie

Lyk LEKKER

-

Ons vermoë om ’n produk te ruik word deur verpakking gefnuik en daar’s nie juis sprake van klank wanneer produkte op ’n supermark se rak bekyk word nie. Wat ons sien, en vernaam ons waarneming van kleur, is gereeld die grootste geleier van inligting wat koskeuses beïnvloed. Sommige kase word juis goudgeel gekleur omdat dit smaakverwa­gting verhoog. Net soos heldergeel sinoniem is met watertand-soutigheid, suggereer ’n dieprooi sappige soetigheid.

Ek het meer as tien jaar gelede met my eerste besoek aan Mynhardt Joubert se restaurant Bar Bar Black Sheep op RiebeekKas­teel ’n jogurtsop bestel. Die sop was bitter lekker, maar dit was die kontras van bloupers en bont blommetjie­s teen die romerige sop in ’n koningsblo­u emaljebord wat dit onvergeetl­ik gemaak het. Deesdae toor Mynhardt met kleurryke kos in sy Stasie Street Kitchen in die Paarl, met keurige geregte wat op juweelkleu­r borde teen helder mure pronk. “Ek is mal daaroor om kleur te gebruik. My gunsteling is om laag op laag op laag van dieselfde kleur te skep, soos ’n groot pienk bak met ’n beetslaai as basis, gevolg deur aarbeie, pienk aarbei-mayonnaise, gekerfde pers-kool, pienk roosblare, ensovoorts. Teenstelle­nde kleure werk ook baie goed, soos om ’n bloedrooi tamatiesla­ai op ’n grasgroen bord voor te sit. Oranje en blougroen is my nuutste obsessie. Nes Wes Anderson șfilmverva­ardiger wat kleur gebruik om karakters en emosies uit te beeldț vrek ek oor dié kombinasie,” sê Mynhardt.

Aan die ander kant, kokke wat nie die bestanddel­e of gawe het om huiskos op te tof nie, hoef nie te stres omdat hulle nog nie ’n Instagram-sensasie is nie. Soos almal weet – looks can be deceiving – en al fotografee­r ’n bruinerige bredie nie so mooi nie, kan daar diep geure en lekker murg in haar pype steek.

Nie net kleur en tekstuur nie, maar ook vorm skep ’n visuele voorsmaak van voedsel. Jamie Oliver beweer, tong effens in die kies, dat ’n toebroodji­e wat driehoekig gesny word beter proe as die kommin een wat reguit deur die middel gesny word. Ek is seker ewe pretensieu­s, want ek het ’n amper irrasionel­e voorkeur vir ’n driehoekig­e toebroodji­e.

Wetenskapl­ikes doen jare lank al navorsing oor hoe die vorm van voedsel ons ervaring van geur beïnvloed. Hoekige vorms suggereer skerp smake en ronde vorms proe soeter. Cadbury’s het hierdie navorsing per ongeluk reg bewys toe hulle in 2013 die hoeke van die Cadbury’s Dairy Milk Bar rond gemaak het om 3,4 gram sjokolade per blok te bespaar. Skielik word gekla die sjokolade proe soeter! As hulle die invloed van vorm op smaak in ag geneem het, sou Cadbury’s ’n minder soet en meer gesonde sjokolade kon maak.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa