Sarie

Klank VANKOS

-

Wat het klank nou met kos te doen? Volgens ’n navorser by die Oxford-Universite­it het die klanke wat kos maak ’n geweldige impak op die eet-ervaring. Dit word selfs die vergete smaaksintu­ig genoem. Die kraak van ’n appel as jou tande deur die skil breek, is ’n onmiddelli­ke aanduiding van varsheid. Dieselfde geld aartappels­kyfies. ’n Ander studie voer aan die genot van ’n BLT-toebroodji­e (bacon, lettuce, tomato) lê juis in die bros kraak van die spek. Die meeste vleiseters vrek oor ’n repie spek, maar navorsers glo dis die klank van bros spek, eerder as net die geur en smaak, wat spek so gewild maak. Pap spek het net nie dieselfde effek nie, het dit? Sag het sy eie verleideli­kheid. Ek is mal oor die plomp ploep-geluid wat romerige kapopaarta­ppels maak wanneer dit op die bord land. Die kommersial­isering van klank is glo die volgende groot tendens in die koswêreld. Let gerus op na die sug van brood wat gesny word, die sagte samekoms van sjokoladem­ousse wat om ’n lepel vou . . . Jou brein beskik reeds oor ’n massiewe kos-klankbank, al besef jy dit nie. ’n Studie het bevind dat die meeste mense selfs kan onderskei tussen die klank van koue water en kookwater wat in ’n glas geskink word.

Jou brein beskik reeds oor ’n massiewe kos-klankbank, al besef jy dit nie

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa