Sarie

In beheer van jou finansiële toekoms

As vroue is ons van nature versorgers. En geneig om ander se behoeftes bo ons eie te stel. Ongelukkig is een gevolg hiervan dat ons finansiële beplanning soms in die slag bly

-

PSG glo dis belangrik dat elke vrou self verantwoor­delikheid vir haar finansiële beplanning aanvaar en seker maak dit is en bly op koers. Jy het die reg om jou finansiële posisie te beveilig en om te beplan om finansieel onafhankli­k te wees.

Dié Vrouemaand deel PSG insigte oor van die grootste finansiële kwelvrae in ’n reeks aanlyn artikels deur van hul top-adviseurs.

DIS ’N REIS

Jy dink dalk finansiële beplanning begin en eindig by ’n plan wat jy deur ’n kundige laat opstel, en dat jy dan gemoedsrus kan hê.

Jou omstandigh­ede verander egter deurentyd, en daarom moet jy jou finansiële plan regdeur jou lewe aanpas. ’n Bevorderin­g by die werk, ’n huwelik, ’n nuwe toevoeging tot die gesin, ’n egskeiding... die lewe staan nie stil nie en jou plan moet dienooreen­komstig aangepas word.

Juis daarom is dit belangrik dat jy die regte reisgenoot kies. Jy soek ’n kundige wat jou

’n vars perspektie­f kan gee, leiding as dit kom by ingewikkel­de besluite, iemand op wie jy kan staatmaak om jou belange op die hart te dra.

HOU JOU OOG OP DIE GROTER PRENTJIE

Finansiële beplanning behels verskeie aspekte: korttermyn­versekerin­g, risikodekk­ing (soos lewensen ongeskikth­eidsdekkin­g), ’n spaarstrat­egie, beleggings en boedelbepl­anning. Elkeen van dié aspekte speel ’n spesifieke rol in goeie beplanning. As jy net op een fokus en die ander afskeep, kan jou plan lelik ontspoor.

’n Voorbeeld is wanneer jy miskien net risikodekk­ing het, maar nie voorsienin­g maak vir die dag wanneer jy aftree en nie meer ’n inkomste verdien nie. Nog ’n voorbeeld is as jy nalaat om ’n noodfonds op te bou. Dis belangrik om te verseker dat jou plan ál jou behoeftes dek en dat jy die groter prentjie in gedagte hou.

DIE BESTE PLAN IS JOU EIE PLAN

’n Produk of belegging is net sinvol as dit by jou behoeftes en omstandigh­ede pas. Moenie voor die versoeking swig om iemand anders se plan te volg of dit aan jou man of maat oor te laat om die beplanning namens jou te doen nie. Wees betrokke en maak seker jou plan is nommerpas vir jóú.

Hou vanaf 1 Augustus SARIE se webtuiste, SARIE.com, dop waar van PSG se voorste vroueadvis­eurs kwelvrae gaan beantwoord en van die grootste finansiële kwessies bekyk.

Ons sien uit na die aanlyn reis saam met jou.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa