Sarie

EK WIL EG, DOELGERIG LEWE

- – Suanné Mulder

Sy het nog altyd toegelaat dat mense en dinge haar raak, roer, vorm. “Alles, ook die slegte. Dit temper my en smee my. Inherent is ek ’n sagmoedige mens, maar moenie met my mors nie . . .”

Aktrise Rehane Abrahams is lief vir haar rol as die koudbloedi­ge feeks Wendy Newman in kykNET se telenovell­e Arendsvlei. “Wendy fassineer my. Sy dra baie pyn uit haar verlede saam, wat sy met ongenaakba­arheid toesmeer.” Maar in teenstelli­ng met haar karakter, het Rehane geleer om haar in elke oomblik te verheug.

“Nadat my werk as aktrise in die grendeltyd tot stilstand gedwing is, het ek besef ek leef my slegs op die verhoog en voor die kamera ten volle uit. My persoonlik­e lewe was ’n nagedagte.

“Nou fokus ek daarop om my hele lewe, elke verhouding, alles te gee wat dit verdien. Ek wil doelgerig lewe.”

Haar onlangse inskrywing as PhD-student getuig hiervan. Oor toekomstig­e projekte is sy egter geheimsinn­ig . . . nes Wendy hou sy haar kaarte styf teen die bors.

 ?? FOTO SJ VAN ZYL ??
FOTO SJ VAN ZYL

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa