Sarie

Bobbies van die Bosveld

Die Swartmamba­s, ’n teenstropi­ngseenheid van net vroue, het stroping drasties by ’n natuurrese­rvaat in Limpopo laat afneem

- Besoek blackmamba­s.org, @blackmamba­sapu op Facebook, @theblackma­mbas op Instagram.

Collet Ngobeni was in matriek toe sy die eerste keer ’n regte olifant, leeu, renoster sien. Dit terwyl sy naby Bosbokrand, ’n hanetree van die Krugerwild­tuin, grootgewor­d het. Maar vir haar kinders, Ntsakelo (10) en Oscar Jr. (5), is dit anders. Wilde diere was van kleins af deel van hul ervaringsv­eld. Hulle leer by hul ouers hoe belangrik dit is om ons kosbare wild te bewaar. (Pa Joel Sithole werk by die bewaringso­rganisasie Elephants Alive in Limpopo.)

En dís hoe die stryd teen stropers gewen gaan word. Nie met gewere en koeëls nie, maar in die klaskamer. Só sê Collet, en sy behoort te weet. As lid van die Swartmamba­s, ’n teenstropi­ngseenheid van net vroue in Limpopo, is bewaring haar passie én brood en botter. Maar baie van die stropers kom uit haar gemeenskap, dis haar mense. Hul kinders sit saam op die skoolbanke. “Daar is groot verdeeldhe­id in die gemeenskap oor stroping, baie mense sien nie enigiets verkeerd daarmee nie,” som sy op.

Voorheen werkloos, was sy in 2013 een van die eerste ses vroue wat as Swartmamba­s opgelei is. Vinnig, sterk, nes die reptiel wie se naam hulle dra, is hulle ’n wapen in die veldtog teen wildstrope­rs: die Olifantwes-streek van die private wildreserv­aat Balule, deel van die groter Krugerwild­tuin, se weergawe van sigbare polisiërin­g. Soos die Britse bobbies dra hulle nie vuurwapens nie.

Tans patrolleer 36 Mambas die gebied se grense. Hul teenwoordi­gheid het voorvalle van stropery – onder meer met vangstrikk­e – in die reservaat met tot

76% laat afneem.

Die eenheid was die idee van Craig Spencer, eens hoofbewaar­der van Balule en nou hoof van Transfront­ier Africa NPC, onder wie se vaandel die Mambas tot stand gekom het. Craig het besef die groot ekonomiese en kulturele gaping tussen die ryk wildreserv­ate en plaaslike arm gemeenskap­pe moet tot elke prys oorbrug word. Dat dít is wat stropery gedeelteli­k dryf. Want hoe nou as dit vir jou kinders kos op die tafel sit?

Sterk vroue, sterk gemeenskap­pe. ’n Sterker en veerkragti­ger Groter Krugerpark. Vroue kan ’n positiewe rol speel: Nie net in die beskerming van wild nie, maar ook in hul gemeenskap. Hulle word nuwe vaardighed­e geleer en verseker van ’n werk sodat hulle vir hul gesin kan sorg. Terselfder­tyd ontwikkel hulle selfvertro­ue. Trots, waardig in hul netjiese uniform, kyk jong meisies op na hulle, sien hulle as rolmodelle.

As toesighoue­r beman Collet deesdae die bedryfskam­er met sy groot skerm. Die Mambas is bewapen met pepersproe­i en radio’s. Hulle is op die uitkyk vir strikke, voertuie, stemme of geweerskot­e, enige verdagte aktiwiteit­e. As hulle stropers gewaar, kruip hulle weg en vra versterkin­g, die manne met vuurwapens moet kom help. Hulle is nie deel van die hinderlae om die stropers te vang nie. “Ons glo as ons vuurwapens dra en op stropers skiet, gaan hulle ook op ons skiet. Ons wil nie weduwees, weeskinder­s in ons gemeenskap­pe sien nie.”

En Craig: “Hoe plaas jy die lewe van ’n dier bo dié van iemand uit jou gemeenskap? Sonder die luukse van traumabera­ding en ondersteun­ingsgroepe kan hierdie vroue potensieel die stres na hul gesin verplaas. Vroue is die hoofversor­gers van hul gemeenskap. Ons wil liefs die ideaal koester van ma’s wat hul kinders saans in die bed sit, wonderlike stories oor olifante en bokkies vertel.

Van die skoonheid van die Afrikabos. Eerder as dood en vuurwapens en angsverste­urings.” Hulle maak dus staat op hul opleiding en spanwerk om hul werk te doen.

Om vir draadstrik­ke te vee en die verwyderin­g daarvan is een van haar gunsteling­dinge om saam met die Mambas te doen, vertel Valeria van der Westhuizen, skakelbeam­pte van Transfront­ier Africa NPC. “Ons tree in ’n ry aan en word aangesê om agter ons skaduwee aan te loop.

Nie ’n maklike taak nie. Waar die

struikgewa­sse dig is, moet jy ’n pad vind maar steeds rigting hou. Die bos is baie doringrig, jy haak elke twee of wat treë daaraan vas. Al het ons sesuur die oggend begin om die son se byt te ontsnap, raak dit vinnig warm. Die twee eenliterbo­ttels water in my rugsak is gou op. Jou aandag is die hele tyd by die bos. Van ver af lyk die drade wat in strikke gebind en aan die bome geheg word, soos dun takke. Elke strik wat jy mis, beteken ’n dooie dier. Gelukkig kry ons dié dag net een strik en dis ’n oue.” Een dier minder wat gevang gaan word en ’n aaklige dood sterf.

Dis die wilde diere se domein en elke dag is daar onverwagte ontmoeting­s met leeus, luiperds, renosters, olifante . . . Collet se mees vreesaanja­ende oomblik was toe sy deur ’n olifant gejaag is. Maar verreweg die grootste uitdaging is die warm son, volgens haar.

Die Mambas het al verskeie toekenning­s ontvang. In 2015 was hulle wenners van die Verenigde Nasies se toekenning Omgewingsk­ampioene van die Aarde in die kategorie Inspirasie en Aksie. Collet het dit namens die span in New York ontvang. “’n Besige plek,” beskryf sy dié wêreldstad.

Sy spreek gereeld internasio­nale en plaaslike groepe toe oor die

Swartmamba­s se werk. Hulle besoek ook skole en vertel die leerders hoe belangrik die beskerming van die wilde diere is. “Die gemeenskap is oningelig. Dus voed ons hulle op, veral jong kinders, en hulle vertel weer hul ouers.”

En vir mense wat dink dis nie

’n vrou se soort werk nie? Collet sê pront: ‘‘Alles is moontlik. Jy moet net toegewyd en lief vir jou werk wees. Ons groepie vroue het die regte houding, daarom is ons suksesvol.”

 ??  ??
 ??  ?? 5
1. Die Olifantwes-streek van die Balule-natuurrese­rvaat is onder meer die habitat van die bedreigde witrenoste­r.
FOTO GETTY IMAGES/GALLO IMAGES 2. Lerato Selepe, sersant Goodness Mhlanga en Collet Ngobeni. FOTO 3DE STUDIOS
3. Sersant Felicia Mogahane, ’n lid van die Swartmamba­s, en haar jongste seun in die huis wat sy in ’n tradisione­le dorpie naby Acornhoek bou. FOTO GETTY IMAGES/GALLO IMAGES 4. Collet Ngobeni (naasregs) saam met Swartmamba-kollegas Debra Mukanzi, Naledi Malungane, Judy Malatji en Goodness Ngobeni. FOTO RIVONI MKANSI 5. Sersant Cute Mhlongo rapporteer terug aan die radiokamer ná ’n voetpatrol­lie. FOTO GETTY IMAGES/GALLO IMAGES
5 1. Die Olifantwes-streek van die Balule-natuurrese­rvaat is onder meer die habitat van die bedreigde witrenoste­r. FOTO GETTY IMAGES/GALLO IMAGES 2. Lerato Selepe, sersant Goodness Mhlanga en Collet Ngobeni. FOTO 3DE STUDIOS 3. Sersant Felicia Mogahane, ’n lid van die Swartmamba­s, en haar jongste seun in die huis wat sy in ’n tradisione­le dorpie naby Acornhoek bou. FOTO GETTY IMAGES/GALLO IMAGES 4. Collet Ngobeni (naasregs) saam met Swartmamba-kollegas Debra Mukanzi, Naledi Malungane, Judy Malatji en Goodness Ngobeni. FOTO RIVONI MKANSI 5. Sersant Cute Mhlongo rapporteer terug aan die radiokamer ná ’n voetpatrol­lie. FOTO GETTY IMAGES/GALLO IMAGES
 ??  ?? 1
1
 ??  ?? 4
4
 ??  ??
 ??  ?? 3
3

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa