SO SÊ HULLE OP SARIE.COM
Shubnum Khan oor haar boeiende memoires, How I Accidentally Became a Global Stock Photo (Macmillan, R290) Jy skryf jy is die vierde dogter in ’n Indiese gesin. “Boys, as we know, are the pride and joy of a family ș. . .ț They can do no wrong” – bl. 7. Voel jy dié siening is onregverdig?
Ek skryf vanuit my eie gemeenskap se perspektief, maar ek dink dieselfde gebeur in baie ander kulture. Daar word na seuns gekyk as superieur, so dis moeilik om nie gefrustreerd te voel nie. Vroue doen al die werk, maar kry bitter min erkenning. En dit gebeur omdat ons in ’n patriargale kultuur lewe en aanhou om die kultuur voort te sit. Jy skryf ’n gebroke hart het die koers van jou lewe verander?
Dit was die eerste keer dat ek deur so iets is en dit het my na ’n donker plek geneem. Ek was net sonder hoop en dit was lank voor ek beter begin voel het. Dit het my hard na myself en my lewe laat kyk en my uiteindelik teruggebring by die mens wat ek wou wees. Jy leer ’n wilde soort empatie vir ander en dit het my voortgestu, my ’n sagtheid geleer waarvoor ek dankbaar is. “A recurring theme throughout most of my life is that I’ve never fitted in” – bl. 30. Wil jy uitwei?
Dit was veral soos ek ouer geword het. Terwyl almal gereed maak vir trou en kinders kry, wou ek die wêreld sien, skryf en nuwe mense ontmoet. Ek het nie ingepas by hoe ek vertel is ek veronderstel is om te wees nie. Eers toe ek by ’n skrywersresidensie met ander skrywers van oor die wêreld gepraat het, geskryf, gelees en vir wandelings gegaan het, het ek begin voel ek is genoeg. Soort van, miskien is die mens wat ek wil wees, goed genoeg.