Sarie

Grendeltyd vonk vir nuwe roman

Vir Susan Coetzer was die gedwonge inperking net wat sy nodig gehad het om tot ruste te kom en weer haar kreatiwite­it as skrywer te ontdek

-

Coetzer vertel dit sou vir haar moeilik gewees het om nié haar jongste roman, Die uil in die ysbos, in die grendeltyd te anker nie, juis omdat dit die vonk was wat haar hart as skrywer oopgemaak het. “Ek was weer in staat om te connect met my eie emosies en om gehoor te gee aan ouma Gracie șdie hoofkarakt­erț se reis. Ek glo daar was ’n tyd voor die wêreldwye pandemie. Alles is nou anders. Almal se lewe het op een of ander manier verander.”

Sy kon verlede jaar geen geleenthed­e aanbied om ’n inkomste te verdien nie en kon die pandemie nie ignoreer terwyl dit haar as mens so diep geraak het nie. “Vir my hoofkarakt­er was die inperking óók die katalisato­r om haar lewe te bekyk, om haar diepste, donkerste emosies uit te pak en dit te konfrontee­r.”

Die verhaal draai om Gracie wat ná haar eerste kleinkind se geboorte kort voor die inperking probeer om die gebroke vertrouens­band met haar seun, JJ, te herstel. Maar eers moet sy haar eie verlede in die oë kyk om agter die oorsake vir haar posttrauma­tiese stres, kompulsies en sosiale angs te kom. Coetzer roer belangrike temas van moederskap, verlies, vergifnis en versoening in die boeiende roman aan. SARIE-boekeredak­teur Phyllis Green het met Susan Coetzer gepraat oor haar nuwe boek, Die uil in die ysbos (Human & Rousseau, R325).

Wat was die vonk vir die verhaal? Aanvanklik geen. Ek het in Maart

2020 by die Woordfees my uitgewers meegedeel dat die opdragroma­n in wording nie wil vlam vat nie. Ek het toe reeds byna 70 000 woorde geskryf, maar nie gedink dis goed genoeg nie. Ek was te uitgeput van al die gesellighe­de en reise in 2019, en was

wall-to-wall bespreek tot einde 2020. Ek vra toe om die roman op ys te sit tot 2021. Twee weke daarna gebeur die inperking . . . Al my geleenthed­e is gekanselle­er. Ná ’n maand was ek uitgerus; jy kan net só lank slaap en televisie kyk. Toe vra ek of ek aan die roman kan werk sodat ek nie níks met al my tyd by die huis doen nie. Ek het heeltemal oorbegin en net die naam Gracie behou. Die afsonderin­g het ’n diep verlange in my wakker gemaak asook ’n gemis, veral na samesyn. Ek het ingetap by die angs wat oral in die lug gehang het. Dít was die vonk. Vanuit dié emosionele plek is Gracie herbore. As skrywer was ek in ’n ander rat. Ek was betrokke by haar reis en nie net ’n apatiese toeskouer nie. Jy begin die verhaal met ’n aanhaling van Jane Howard: “Call it a clan, call it a network, call it a tribe, call it a family: Whatever you call it, whoever you are, you need one.” Vertel meer oor die rol van “tribe” in die verhaal? En het jou eie kudde sterker geraak tydens die pandemie?

Toe ek die aanhaling raaklees, het ek onmiddelli­k geweet ek wou dit as kern vir die roman gebruik. Almal het ’n plek van behoort nodig, ook asosiale mense soos Gracie wat haarself isoleer en soos ’n buitestand­er voel tussen die meeste mense. Haar tribe verskaf die brandstof om te oorleef en te genees.

Ek kan hiermee identifise­er. Tydens die inperking het die essensie van mense na vore gekom. My tribe het kleiner maar sterker geword. Gracie ly aan obsessief-kompulsiew­e sindroom en ervaar sosiale angs. Wil jy meer sê oor haar ongewone verhouding met plante teenoor haar verhouding met mense? Ek was as kind nogal dikwels angstig en ook bygelowig. Ek het ook al as volwassene te doen gehad met PTS en uitbrandin­g ervaar. Gracie het egter met ’n akute onverwoord­bare angsvorm by my aangeklop. Ek het ’n klomp angsdiskoe­rse begin navors om aan haar gestalte te gee. Ek wou uitkom by die kern van haar geestestoe­stand. Sy het my stuk vir stuk in haar komplekse persoonlik­heid ingelaat. Niks is vooraf deur my beplan en neergeskry­f as persoonlik­heidseiens­kappe nie. Dit was organies.

’n Ernstige tema in die verhaal is die dood van ’n kind en die impak van so iets op ’n ma. Waarom dié tema?

Ek het dit glad nie vooraf besluit nie. Ek het daarop afgekom deur in Gracie se psige te bly delf vir antwoorde op haar geslotenhe­id en sosiale angs. Ek weet wel van twee jong vroue wat jare gelede deur dieselfde trauma is en dit het hul lewe en persoonlik­heid totaal verander. Die smart en skuldgevoe­l waardeur hulle is, is onbeskryfl­ik. Dit het ’n diep impak op my as ma gehad en in my onderbewus­te vasgesteek en na vore gekom in Gracie se verhaal.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa