Sarie

NIKS IS SOOS DIT LYK

-

Ek en my dogter is albei baie groot aanhangers van die sanger en akteur Laudo Liebenberg. Hy is hierdie groot beer met die sagte oë en fluweelste­m. Dit verskaf groot plesier om na hom te kyk en na hom te luister. Ek is seker sy ouers is supertrots op hom. Ek sou wees!

Ek moet hom, of eerder die karakter Adriaan wat hy in șdie kykNETreek­sț Die Byl vertolk, ongelukkig as voorbeeld aanhaal om my punt te bewys. Niks is soos dit lyk nie. Jy kan nie die gawe man of vrou van langsaan goedsmoeds vertrou nie. Dit is so hartseer, maar dit is die werklikhei­d. Hoe maak mens kinders so vol wantroue groot? Hoe leer mens hulle onderskei tussen reg en verkeerd as verkeerd so goed lyk? So onskuldig. Gekamoefle­er.

Laudo kwyt hom baie goed van sy taak in hierdie rol. Ek bly ’n groot aanhanger, want ek is darem nog by magte om te onderskei tussen realiteit en fantasie. Al is niks soos dit lyk nie.

Elma Markram, Soopjeshoo­gte, Lambertsba­ai

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa